Banier
Banier
Banier
Banier
Banier
Banier
Tuiste Spesiale Projekte Ander aktiwiteite vir Bybels

ander aktiwiteite vir bybels

Ander aktiwiteite vir Bybels

Wil jy aktief betrokke raak by Bybelverspreiding?  In ons verskillende streke is daar gereeld aktiwiteite wat gereël word om Bybelverspreiding te bevorder.

Hou hierdie spasie dop en word deel van die ywerige ondersteuners van Bybelwerk.  Kontak gerus jou naaste Bybelhuis indien jy aan 'n manier gedink het hoe om fondse in te samel vir die verspreiding van Gods Woord.


Slaan af vir Bybels!

  • 'n Gholfdag by die Royal Durban Gholfbaan word op Vrydag 22 Junie gehou. Kontak Letitia Timms of Minnie Diener by 031 207 4933 vir meer besonderhede.

Ander geleenthede vir Bybels!

  • Geestelike herlewing en fondsinsamelingsgeleenthede word soos volg gehou:

- In die Makhado Sentrum (Limpopo) op 22 Julie vanaf 09:00 - 15:00. Kontak ds Feli Mokoena by 011 970 4010 vir meer inligting.

Banket vir Bybels!

  • 'n Banket ten bate van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika word op 6 Oktober in die Alberton Stadsaal vanaf 16:00 - 19:00  aangebied.  Kontak vir ds Feli Mokoena by 011 970 4010 vir meer inligting.
  • Nog 'n banket word op 9 November in Polokwane vanaf 18:00-21:00 aangebied. Kontak vir ds Feli Mokoena by 011 970 4010 vir meer inligting.

Blomme vir Bybels!

  • Op Saterdag 1 September word a Lente Blommeskou en Tee by Bybelhuis in Durban (Ramsaylaan 70-76, Mayville) aangebied. Toegangsgeld is R40 per persoon en sluit tee en verversings in. Diegene wat graag 'n blommerangskikking wil inskryf kan vir Minnie Diener by Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien of 031 207 4933 kontak.

Ontbyte vir Bybels!

  • Kom sit aan vir 'n heerlike sake-ontbyt by die Bybelhuis in Port Elizabeth (Cotswoldlaan 31, Cotswold) op 15 Augustus. Vir meer besonderhede kontak ds Matie van Niekerk of Clair Stander by 041 364 1138.
  • Ook in Jeffreysbaai word 'n sake-ontbyt op 7 September aangebied. Vir meer besonderhede kontak ds Matie van Niekerk by 041 364 1138 of Estelle de Vos by 072 395 4644.

Sing vir Bybels!

  • Songs of Praise met Richard Cock en 'n massakoor vind op 6 Oktober om 19:30 in die kapel van Kearsney Kollege, Durban plaas en op 7 Oktober om 15:00 in die Pietermaritzburg Katedraal (Langalibalelestraat 169). Kontak Letitia Timms of Minnie Diener by 031 207 4933 vir meer besonderhede.

Straatkollekte vir Bybels!

  • Op 25 Augustus word 'n spesiale straatkollekte ten bate van die Bybelgenootskap in Port Elizabeth en Uitenhage gehou. Kontak vir Clair Stander by 041 364 1138 vir meer inligting.
  • In Cradock is daar 'n pretloop en straatkollekte op 13 Oktober. Kontak ds Matie by 041 364 1138 of past Japie Maritz by 048 881 2622 as jy wil deelneem.

 

 

 

Projekte

Spesiale Bybelgenootskapprojekte wat jy kan ondersteun: