
Hoe werk die Hardloop vir Bybels projek?
- Atlete word per kilometer geborg.
- Die fondse stel die Bybelgenootskap in staat om in spesiale Bybelbehoeftes te voorsien en so die Bybel vir meer mense in Suid-Afrika toeganklik te maak.
Het jy geweet?
- Jy kan self besluit watter wedren jy vir Bybels wil hardloop - enige marathon, halfmarathon of pretdraf sal doen.
- Jaarliks hardloop honderde atlete regoor Suid-Afrika vir Bybels.
Hoekom?
- Om die Bybelgenootskap te help om in Bybelbehoeftes te voorsien. Die taak van die Bybelgenootskap is om bekostigbare Bybels in geskikte formate aan almal beskikbaar te stel - daarvoor word fondse benodig.
Kan ek help?JA!
- Almal kan betrokke raak by hierdie projek. Verlede jaar het die Hardloop vir Bybels projek R637 608 geïn. Vanjaar se mikpunt is R1 miljoen!
Indien jy wil help om bekostigbare Bybels vir almal beskikbaar te stel, kies uit die volgende keuses:
- Ek is 'n atleet en wil registreer vir die Hardloop vir Bybels-projek
- Ek wil graag 'n atleet ondersteun deur borgskappe in te samel
- Ek wil Hardloop vir Bybels finansieel ondersteun
- Ek verlang meer inligting
- 'n Hardloop vir Bybels naby jou






