Banier
Banier
Banier
Banier
Banier
Banier
Tuiste wat jy kan doen bid vir bybelgenootskappe

albanië, macedonië, griekeland

Week 30 Oktober - 5 November 2011

Albanië
Ons interkerklike Ou Testament vertalingsprojek vorder goed; bid asseblief vir die vertalers, vir genoegsame fondse en dat die werk kan voortgaan. Die Ortodokse Kinderbybel is goed ontvang; bid asseblief vir ons planne om 'n Jeugbybel te publiseer en om ons bediening aan kinders en jongmense te laat groei. Loof die Here vir die sukses van die Lectio Divina-program en bid vir ons wat meer projekte ontwikkel om Bybelbetrokkenheid te bevorder. Vra die Here om ons personeel en gesinne te seën.

Macedonië
Dank die Here vir sy leiding terwyl ons sy Woord versprei. Bid vir die werk aan die Evangelie volgens Lukas in braille en vir die publikasie van 'n sakuitgawe van die Nuwe Testament. Bid dat lewensomstandighede in ons land sal verbeter en vir die samewerking van Bybelgenootskappe in die Balkanstreek.

Griekeland
Verlede jaar se ekonomiese toestand het meegebring dat huishoudings probleme ondervind het om hulle skuld te betaal. Streng maatreëls, verminderde salarisse en pensioene, 'n verhoging in belasting en pryse en geen onmiddellike vooruitsigte op herstel nie, maak mense baie mismoedig. Dit is egter in sulke tye wanneer die gerusstelling van die Bybel die nodigste is en swaarkry lei daartoe dat mense na Bybelse waardes soek. 'n Ou geleerde het op 'n keer gesê: "Slegs die Evangelie het die krag om Griekeland te red." Mag dit nou bewaarheid word.

« Terug na argief »