Week 2 - 8 Oktober 2011
Arabies-Israeliese Bybelgenootskap
Verlede jaar het ons daarop gefokus om vroue te bemagtig, deur 'n veilige omgewing vir hulle en hulle gesinslede te voorsien waar hulle interaksie met die Woord van God kon hê en hulleself kon uitleef. Die Here het hierdie aktiwiteite mildelik geseën en ons is baie dankbaar. Bid asseblief dat die Here die goeie werk waarmee in die Arabies-Israeliese gemeenskap begin is, sal laat voortgaan en dat ons 'n nuwe personeellid sal vind.
Israel
Dank die Here vir deure wat vir sy Woord geopen is. Bid dat ons nuwe produkte kragtige werktuie sal wees om die oë van lesers te open en hulle geloof te versterk. Bid dat ons nuwe webwerf tot seën en bemoediging sal wees en dat die Here fondse sal voorsien om meer materiaal te kan druk en versprei. Bid vir vrede en troos in hierdie land en vir sy genade, wysheid en beskerming vir ons personeel, gesinne en vrywilligers.
Wesbank & Gasastrook
Bid dat die ware ‘Shalom’/‘Salam’/‘Vrede’ vanjaar hierdie moeilike streek sal regeer. Bid vir geregtigheid en vir versoening tussen Palestyne en God, en tussen Palestyne en ander mense in die land. Bid vir Gasa, vir 'n einde aan die aandklokreël en vir meer vryheid vir die 1,6 miljoen inwoners. Bid vir die stad Jenin, waar ons begin om die plaaslike kerke te dien, en vir 'n triomfantlike, vreugdevolle en vrugbare jaar.
Jordanië
Loof die Here vir die meer as 30 jaar wat ons deur die Bybelgenootskap in Amman die waarheid in Jordanië en Irak dien. Bid dat Hy ons sal lei na die beste plek vir ons nuwe hoofkantoor. Dank die Here vir nuwe geleenthede vir ons bediening, veral onder fabriekswerkers en gevangenes, en vir sterker bande met kerke. Bid ook vir ons bediening aan kinders en die jeug.






