Week 13 - 19 November 2011
Australië
In Australië het die Bybelgenootskappe in die verskillende state as ses onafhanklike Bybelgenootskappe in 'n losse federale struktuur gefunksioneer. Tans is die Bybelgenootskap in Australië in 'n oorgangsfase om as een nasionale liggaam te verenig. Bid asseblief dat die oorgang van alle aspekte van ons bediening na 'n verenigde Bybelgenootskap glad sal verloop. Bid ook vir die volgehoue produksie van oudioweergawes van Bybelgedeeltes wat in inheemse tale vertaal is.
Oos-Timor
Bid asseblief vir die jong Oos-Timornasie wat voortgaan om homself te vestig. Bid vir stabiliteit en ekonomiese vordering en vir die ontwikkeling van Bybelwerk hier. Aangesien daar nie 'n Bybelgenootskap in die land is nie, is dit 'n uitdaging om 'n goeie werksverhouding met die plaaslike kerke te smee. Daar is egter volgehoue Bybelvertalingswerk in Fataluku en Tetun: bid asseblief dat die Here hierdie projekte sal seën.






