Banier
Banier
Banier
Banier
Banier
Banier
Tuiste wat jy kan doen bid vir bybelgenootskappe

belarus, litaue, letland, estland

Week 6 - 12 November 2011

Belarus
Bid dat die nuwe Bybel in hedendaagse Belarussies in die behoeftes van die kerke, kultuurorganisasies en Christene sal voorsien. Bid dat die Here ons sal help om in kinderhuise, tehuise vir gestremdes en bejaardes, en onder dwelmverslaafdes en MIV en Vigs-lyers te kan werk. Bid asseblief dat mense hulle harte sal open sodat hulle deur die Woord van God met nuwe lewe besiel kan word. Bid ook dat die Bybels en Bybelgedeeltes wat ons in biblioteke en museums geplaas het, effektief gebruik sal word.

Litaue
Dank die Here dat ons finansiële ondersteuning ontvang het wat ons in staat gestel het om voort te gaan om Bybels aan skole, weeshuise, hospitaalpasiënte en aan bejaardes te voorsien. Bid om wysheid en moed vir die aanpassing van ons Bybelpublikasies vir ons mark en bid dat Christene en kerke mekaar steeds sal dien en die seëninge daarvan sal ervaar.

Letland
Dank die Here dat Hy ons help om die goeie beeld van die Bybelgenootskap te behou. Deur die jare van ons bediening het die vertroue van ons ondersteuners toegeneem. Dank die Here vir die vordering met die nuwe Bybelvertaling. Bid vir die finale stappe wat nog geneem moet word om hierdie projek te voltooi. Bid vir die baie Letlanders wat as gevolg van die ekonomiese krisis, probleme ondervind.

Estland
Loof die Here dat Hy ons ryklik seën. Dank die Here vir vordering met Bybelwerk die afgelope 20 jaar en vir ons ruimhartige donateurs wat ons help om met ons missie voort te gaan. Bid vir fondse om met die vertaling van die Ou Testament in hedendaagse Estlands te kan voortgaan en vir ons pogings om mense aan te moedig om die Bybel te lees en om dit deel van hulle daaglikse lewens te maak.

« Terug na argief »