Week 29 Januarie - 4 Februarie 2012
Bulgarye
Dank die Here vir die druk en verspreiding van duisende Bybels die afgelope jaar. Bid dat die Woord van die Here baie nie-Christene, veral jongmense, sal bereik. Bid vir die finale hersiening van die nuwe Bybelvertaling, en dank die Here vir sy leiding van hierdie projek wat langer as 10 jaar geduur het.
Moldowa
Dank die Here vir sy beskerming en seëninge gedurende politieke probleme hier. Ons bid steeds vir die politieke situasie. Ons dank die Here ook vir die suksesvolle verspreiding van Bybels aan biblioteke en behoeftiges. Ons wil ook die Here loof dat die hersiene Romaans Cornilescu Bybel wat herset is, suksesvol gedruk is. Bid vir ons verspreiding en fondsinsameling en dat almal wat 'n Bybel ontvang, se lewens sal verander.
Oekraïne
Bid asseblief vir Bybelwerk in hierdie land. Dank die Here vir elke Bybel wat ons kon versprei. Bid vir ons werk onder gevangenes en onder hawelose tieners. Bid vir ons personeel.






