Week 27 November - 3 Desember 2011
Costa Rica
Ons dank die Here dat Hy te midde van 'n ekonomiese resessie by ons is en ons bid vir kulturele en ekonomiese veranderinge in ons land. Bid vir ons projekte wat ontwerp is om die sekulêre samelewing aan te moedig om die Bybel te lees.
Nicaragua
Ons dank die Here vir sy liefdevolle sorg. Mag Hy ons lei in ons soeke na nuwe raadslede. Bid dat die wil van die mense in vanjaar se presidensiële en parlementêre verkiesings sal geld. Bid vir die finansiering van ons projekte sodat ons kan voortgaan om ons geliefde land tot seën te wees.
Panama
Dank die Here vir 100 nuwe verspreidingsentrums en vir die nuwe perseel wat ons half as 'n pakhuis en half as 'n Bybelopleidingsfasiliteit vir ongeveer 40 mense benut. Bid dat die Here ons sal help om drie bykomende streekkantore te vestig. Mag Hy al vanjaar se projekte seën, veral die voltooiing van die Kuna vertaling in Desember. Bid dat die media die Bybelsaak vriendeliker sal bejeën.






