Banier
Banier
Banier
Banier
Banier
Banier
Tuiste wat jy kan doen bid vir bybelgenootskappe

europa-midde-ooste, afrika, amerikas, asië-pasifiese streekdienssentrums, wêrelddienssentrum

Week 8 - 14 Januarie 2012

Europa-Midde-Ooste Streekdienssentrum
Bid asseblief vir al die personeel wat Bybelwerk in byna 60 lande dien en ondersteun. Bid vir daardie vergaderings waar geleenthede gebied word om hulpbronne, goeie praktyke en uitdagings te deel, en om mekaar te bemoedig. Bid ook vir Hoofsekretarisse en hulle personeel wat probeer om godvresend en met wysheid op beide groot geleenthede en finansiële en politieke beperkings te reageer. Bid dat fondsinsamelingsinisiatiewe suksesvol sal wees, en vir goeie verhoudings met alle kerke en die baie organisasies waarmee ons werk.

Afrika Streekdienssentrum
Dank God vir sy leiding en beskerming, veral gedurende ons reise. Dank Hom ook dat Hy ons in gebed verenig en ons gebede beantwoord. Bid dat mense meer bewus sal word van die missie van die Wêreldbond van Bybelgenootskappe, en dat dit tot meer fondse vir ons projekte sal lei. Bid dat Hy ons wysheid sal gee om die nasionale Bybelgenootskappe te dien en bid dat vrede sal heers in die lande waar daar konflik is. Bid dat ons die vrede van die Here in tye van verandering sal ondervind en dat meer geleenthede vir Bybelwerk in Afrika geskep sal word. Bid om wysheid vir die leierskap van die Wêreldbond van Bybelgenootskappe.

Amerikas Streekdienssentrum
Dank die Here dat Hy regoor Amerika vir ons personeel en hulle werk sorg en vir hulle omgee. Met veranderinge in die vooruitsig, mag ons voortgaan om op Hom te vertrou terwyl ons Bybelgenootskappersoneel – en die Groot Opdrag – regdeur hierdie streek dien.

Asië-Pasifiese Streekdienssentrum
Dank die Here vir die geleenthede wat ons het om Bybelgenootskappe in die Asië-Pasifiese Streek te dien. Ons is dankbaar dat Hy voortgaan om ons op talle gebiede, soos Bybelvertaling, finansies en programme, toe te rus vir diens. Ons bid vir beskerming vir ons personeel, veral vir diegene wat regdeur die jaar reis.

Wêrelddienssentrum
Bid asseblief vir ons Hoofsekretaris, Michael Perreau, dat God aan hom wysheid en leiding sal skenk in sy taak om die Wêreldbond van Bybelgenootskappe te lei. Dank die Here vir personeel wat regoor die wêreld werk om die missie van Bybelgenootskappe te ondersteun, of dit nou in Vertalingsdienste, Kommunikasie, Fondsbestuur, Fondsinsamelingsontwikkeling, Beheer, Programme of in Finansies en Sakeontwikkeling is. Bid asseblief dat God se bemoediging en sy ondersteunende liefde sal voortgaan om hulle te lei om Bybelgenootskappe in staat te stel om suksesvol saam te werk.

« Terug na argief »