Banier
Banier
Banier
Banier
Banier
Banier
Tuiste wat jy kan doen bid vir bybelgenootskappe

finland, swede, noorweë

Week 25 - 31 Desember 2011

Finland
Dank die Here vir die volgehoue ontwikkeling van die Barmhartige Samaritaan-projekte, insluitende die samewerking met die Ministerie van Buitelandse Sake. Bid dat die Woord van die Here kinders en jongmense sal bereik en dat ons nuwe maniere sal identifiseer om die Bybel te deel en om finansiële ondersteuning te bekom. Bid ook vir ons nasionale Jaar van die Bybel en vir planne om ons 200ste bestaansjaar in 2012 te herdenk.

Swede
Dank die Here vir vordering met ons Bybelavonture-inisiatief vir kinders. Ons het verlede jaar meer as 1 100 besoeke afgelê en ongeveer 30 000 kinders bereik. Ons beplan om die verhaal van die Bybel in die komende jare vir 200 000 kinders aan te bied: bid dat hierdie visie 'n realiteit sal word. Bid ook dat dit vir ons moontlik sal wees om meer jongmense deur Bybelse sosialenetwerke op die Internet te bereik.

Noorweë
Vanjaar is die belangrikste geleentheid vir ons die bekendstelling van die nuwe Bybelvertaling in ons twee belangrikste tale. Deur hierdie vertaling hoop ons om nuwe groepe te bereik en om hulle uit te daag om die Woord van die Here te lees en daarna te luister. Bid dat ons nóú met al die kerke sal kan saamwerk om beide die nuwe Bybel sowel as interaksie daarmee, te bevorder.

« Terug na argief »