Banier
Banier
Banier
Banier
Banier
Banier
Tuiste wat jy kan doen bid vir bybelgenootskappe

hongkong, taiwan

Week 12 - 18 Februarie 2012

Hongkong
Ons dank God dat die hersiene Chinese "Union" weergawe van die Bybel wye ondersteuning van Chineessprekende kerke regoor die wêreld geniet. Vanjaar gaan ons verskeie uitgawes van hierdie teks publiseer: bid asseblief vir die nodige fondse wat sal verseker dat ons groot hoeveelhede kan druk om aan die aanvraag te voldoen. Bid ook dat individue en kerke deur hierdie nuwe Bybels geseën sal word, dat Chinese ouers dit sal gebruik sodat hulle die bybelse waardes aan hulle kinders kan oordra en dat die hersiene Chinese "Union" weergawe die nalatenskap van die Chinese "Union" weergawe sal voortsit sodat die volgende geslag daardeur geseën sal word. Bid vir ons werk op Macao.

Taiwan
Prys die Here vir die groot aanvraag na Bybels en Bybelgedeeltes. Dank Hom vir en bid vir die volgende drie projekte: die Bybel in hedendaagse Hakka, wat voor Paasfees gepubliseer sal word; die diglotuitgawe van die Nuwe Testament met Psalms en Spreuke in hedendaagse Taiwannees, wat ook vanjaar uitgegee moet word, terwyl die werk aan die Ou Testament voortduur; en die Chinese Studiebybel waarmee goed gevorder word. Bid dat die Bybelgenootskap sal voortgaan om die verskeidenheid en kwaliteit van sy gedrukte en digitale publikasies te verbeter en dat elkeen wat 'n Bybel ontvang se lewe daardeur verander sal word.

« Terug na argief »