Week 20 - 26 November 2011
Kambodja
Bid vir ons projekte vanjaar, dat hulle glad en volgens skedule sal verloop. Bid asseblief dat die Here ons sal help in ons pogings om meer vennote te bekom plaaslike Christenorganisasies en kerke met wie ons kan saamwerk om Bybels regoor die land te versprei. Bid vir ons soeke na 'n Hoofsekretaris om ons Bybelgenootskap te lei en vra die Here om die regte persoon vir hierdie posisie te voorsien.
Laos
Loof die Here dat die hersiening van die Lao Bybel na agt jaar se werk verlede jaar voltooi is. As gevolg van regeringsbeperkings is Bybelverspreiding steeds 'n uitdaging, veral buite die hoofstad. Bid asseblief vir die Laos Vennootskap waardeur ons die Laos Evangeliese Kerk help om 'n verspreidingsentrum in Vientiane te vestig en vir geleenthede om 'n reisende verspreidingseenheid te bekom.
Viëtnam
Werk hier is baie opwindend! Ons vennootskappe met die amptelike Kerk en huiskerke brei steeds uit en ons nuut gepubliseerde hersiene Viëtnamese Bybel is 'n belangrike hulpbron vir die Kerk wat vanjaar 100 jaar van Protestantisme herdenk. Bid dat hierdie nuwe Bybel tot 'n nuwe dinamika in die Kerk sal lei. Dank die Here vir die Viëtnamese-Chinese Nuwe Testament en bid asseblief vir ons vertalingsprojekte in minderheidstale.






