Week 4 - 10 Desember 2011
Libië
Bid asseblief vir 'n goeie verhouding en samewerking tussen die buitelandse Christene wat hier in kerke met verskillende belydenisse aanbid. Bid asseblief dat daar genoeg Bybels vir hulle sal wees sodat hulle kan groei in hulle dissipelskap en getuienis.
Egipte
Bid vir kreatiwiteit en middele om via satelliet en nuwe media en tegnologie betrokkenheid by die Bybel te kan aanmoedig. Ons uitdaging is om 'n mondelingse samelewing van oudio en gedramatiseerde Bybelgedeeltes in nuwe formate te voorsien. Mense wil die Bybel hê: bid vir baie meer geleenthede om die Woord van God regdeur die jaar nog meer toeganklik te maak vir duisende mense in die openbare samelewing, vir massas mense in 'n atmosfeer waar openlike interaksie aangemoedig word.
Malta
Loof die Here vir die voltooiing van die oudioweergawe van die Maltese Nuwe Testament. Bid vir ons volgehoue werk om die lees van die Bybel, veral onder kinders en die jeug, aan te moedig. Bid dat die Here ons sal lei om ons probleme met fondse te oorkom sodat ons in die toekoms kan voortgaan met die vertaling, publikasie en verspreiding van die Bybel.
Europese Migrantebediening
Regoor die Europa-Midde-Ooste Streek is daar tienduisende migrante en in meeste lande word hulle merendeels deur die samelewing verstoot. Vir die meeste van hulle voldoen die lewe nie aan hulle verwagtinge nie en is hulle spyt dat hulle hul lande verlaat het. Hulle het moontlik van hongersnood, droogte, oorlog of vervolging gevlug. Daar is ongeveer drie of vier miljoen uitgeweke Irakese. Bid dat die Here homself aan migrante, waar hulle ook al is, sal openbaar en hoop en vrede aan hulle sal skenk.






