Banier
Banier
Banier
Banier
Banier
Banier
Tuiste wat jy kan doen bid vir bybelgenootskappe

nieu-seeland, stille suidsee, papoea-nieu-guinee

Week 5 - 11 Februarie 2012

Nieu-Seeland
Ons voorsien vanjaar Bybels vir gebruik gedurende Godsdiensonderrigperiodes in laerskole. Dit beteken dat 32 500 kinders Bybels sal hê om gedurende hierdie periodes te gebruik. Baie van hulle sou nooit voorheen 'n Bybel gebruik het nie: bid dat die Here hierdie program sal seën. Bid dat die Nieu-Seelandse Maori Bybel wat nuut uitgelê is, wyd aanvaar en gebruik sal word, en vir kreatiewe programme om jonger mense meer by die missie van die Bybelgenootskap betrokke te kry.

Stille Suidsee
Loof die Here vir geleenthede om sy Woord te deel. Ons jaarlikse Bybelweek-atiwiteite aan die einde van Junie daag mense uit om die Bybel te lees, dit te respekteer en na te volg. Bid vir ons vieringe vanjaar wat Bybelleesmarathons, jeugsaamtrekke, Bybelvasvrae, Bybelstudies, radio-uitsendings en promosiebesoeke aan kerke insluit. Bid asseblief vir die impak van Bybelweek regoor die eilande wat ons bedien. Bid veral dat ons jongmense die Evangelie sal aanneem en in die toekoms godvresende leiers en ouers sal word.

Papoea-Nieu-Guinee
Prys die Here vir 'n opwindende uitbreiding van ons geletterdheidsprojek onder gevangenes. Verskeie gevangenes wat vrygelaat is, het met Bybelgebaseerde geletterdheidsprogramme begin, terwyl ander gevangenes Bybelstories in hulle inheemse tale vir gebruik in kerke en laerskole vertaal. Daar is 840 tale hier, en leesmateriaal is skaars: 'n gulde geleentheid om Bybelverhale te verskaf. Dank die Here saam met ons vir hierdie geleenthede.

« Terug na argief »