Banier
Banier
Banier
Banier
Banier
Banier

noord-ierland, republiek van ierland, skotland

Week 3 - 9 Junie 2012

Noord-Ierland
Prys die Here dat Hy gedurende die resessie voorsien het en vir ons ruimhartige ondersteuners oral. Dank die Here vir baie geleenthede wat ons kon benut om kerke te help om die 400ste bestaansjaar van die King James Bybel te gebruik om 'n nuwe liefde vir die Bybel by mense aan te wakker. Bid dat ons ons werk tot eer van die Here sal doen terwyl ons probeer om die Bybel en ons bediening op 'n kreatiewe manier aan alle ouderdomsgroepe te bied  – persoonlik, in druk en aanlyn. Bid dat Hy ons groot toekomsplanne sal seën.

Republiek van Ierland
Dank die Here dat, ten spyte van die moeilike ekonomiese situasie, Bybelgenootskapwerk steeds ondersteun word. Ons is veral dankbaar vir 'n boedel wat sal help om die Wêreldbond van Bybelgenootskappe se Bybelvertalingswerk te ondersteun. Bid asseblief vir almal wat in Junie in Dublin by die Internasionale Kongres oor die Nagmaal betrokke is. Bid vir ons nuwe raadslede en ons personeel, en vir ons donateurs wat dit vir ons moontlik maak om projekte regoor die wêreld en plaaslik te ondersteun.

Skotland
Ons dank die Here vir al die geleenthede verlede jaar om tydens die herdenking van die 400ste bestaansjaar van die King James Bybel, die Bybel in Skotland te kon bevorder. Ons dank die Here vir die ongelooflike reaksie op ons People's Bible-projek – die eerste handgeskrewe digitale Bybel ooit. Bid asseblief saam met ons om verhoudings met die kontakte wat ons gedurende hierdie openbare geleentheid gemaak het, te versterk en vir ons samewerking met die Kerk om mense se vertroue in die Bybel te verdiep.

« Terug na argief »