Banier
Banier
Banier
Banier
Banier
Banier
Tuiste wat jy kan doen bid vir bybelgenootskappe

switserland, oostenryk

Week 18 - 24 Maart 2012

Switserland
Die ontwikkeling van ons kommunikasiestrategie om meer mense in ons werk te laat belangstel, is vanjaar vir ons 'n belangrike aangeleentheid. Bid asseblief dat die Here die ontwikkeling van nuwe projekte om mense meer bewus van ons Bybelgenootskap te maak, sal lei. Bid dat die Here al ons fondsinsamelingspogings sal seën sodat dit vir ons moontlik sal wees om ons ondersteuning van die wêreldwye Bybelsaak te verhoog. Bid ook vir ons werk in Liechtenstein.

Oostenryk
Ons is dankbaar vir al die geleenthede om die Bybel na die mense te bring! Loof die Here vir die impak van ons verspreidingswerk onder migrante en gevangenes. Dank Hom ook vir goeie bande met alle kerke, met nieregeringsorganisasies en met opvoedkundige inrigtings. Bid vir die baie jongmense wat ons Bybelsentrum besoek. Vanjaar fokus ons op fondsinsamelings- en kommunikasiewerk, en probeer om die jeug meer bewus te maak van die Bybelsaak. Bid vir entoesiasme, wysheid en personeellede vir ons toegewyde, maar klein span.

« Terug na argief »