Banier
Banier
Banier
Banier
Banier
Banier
Tuiste wat jy kan doen bid vir bybelgenootskappe

tsjad, soedan, eritrea, ethiopië

Week 23 - 29 Oktober 2011

Tsjad
Loof die Here vir goeie vordering met Bybelwerk ten spyte van moeilike omstandighede. Dank Hom vir die sukses van ons programme, veral ons vertalingswerk. Bid vir goeie spanwerk onder die personeel, vir ons pogings om 'n verspreidingsvoertuig te bekom en vir die presidensiële verkiesing wat vanjaar gehou moet word.

Soedan
Loof die Here vir die vreedsame verkiesing. Dank Hom ook vir die voltooiing van die Dinka Padang en Shiluk vertalingsprojekte en vir vordering met die Maban projek. Bid vir Bybelverspreiding onder die weermag en vir die nuwe Uduk vertalingsprojek. Vra die Here om steeds ons land met politieke stabiliteit te seën.

Eritrea
Bid asseblief vir Bybelwerk in hierdie land. Bid vir die suksesvolle voltooiing van die Kunama Bybelvertalingsprojek en vir die nodige fondse vir die produksie en verspreiding daarvan. Bid ook dat die leierskap van die Bybelgenootskap versterk sal word.

Ethiopië
Prys die Here vir die ondersteuning wat ons van alle kerkgenootskappe ontvang, vir geleenthede om die Woord van die Here te versprei en vir goeie vordering met ons MIV en Vigs-uitreikwerk. Dank Hom ook vir die sukses van ons vertalingsprojekte, insluitend die voltooiing van die Koorete en Borana Nuwe Testamente. Bid vir ons volgehoue projekte en vir die projekte waarmee ons hoop om te begin, insluitende die vertaling van die Oos-Oromo Ou Testament en die Ale Nuwe Testament. Bid ook vir Bybelwerk in Djiboeti.

« Terug na argief »