Banier
Banier
Banier
Banier
Banier
Banier
Tuiste wat jy kan doen bid vir bybelgenootskappe

zambië, malawi, angola

Week 16 - 22 Oktober 2011

Zambië
Dank die Here vir fondse vir die Barmhartige Samaritaan-projek en vir die uitbreiding van die Geloof kom deur Gehoor-program na die suide en ooste. Bid dat fondse bekom sal word om die Tonga Studiebybel- en die Nkoya Bybelvertalingsprojek te voltooi en te begin met die vertaling van die Nuwe Testament in Nsenga. Bid ook vir vrede en politieke stabiliteit.

Malawi
Loof die Here vir die finale jaar van die Yoa vertalingsprojek, en bid dat dit vir ons moontlik sal wees om hierdie Bybel so gou moontlik te publiseer. Bid vir ons vertalingsprojekte, vir die Barmhartige Samaritaan-program en vir die Nasionale Bybelvoordrag Extravaganza- en Bybel vir die Jeug-projekte. Dank die Here vir die Bybelwinkel in die noorde en bid vir die Geloof kom deur Gehoor-program en vir ons plaaslike fondsinsamelingsinisiatiewe.

Angola
Dank die Here vir alles wat Hy vir ons gedoen het. Bid vir die ontwikkeling van ons Bybelgenootskap. Bid dat die Here ons sal seën met fondse om 'n goeie Bybelhuis met gastehuis te koop of te bou. Bid vir al ons vertalingsprojekte en veral vir plaaslike finansiële ondersteuning.

« Terug na argief »