Banier
Banier
Banier
Banier
Banier
Tuiste wat jy kan doen bid vir bybelgenootskappe

bid saam met die bybelgenootskappe

Hierdie weeklikse inligting vertel ons oor Bybelgenootskapwerk in 'n bepaalde land en bevat spesifieke take waarvoor die betrokke Bybelgenootskap wil hê ons moet bid.

Hierdie week bid ons vir ...

Madagaskar
Dank die Here dat Hy vir die hersiening van die Protestantse Bybel voorsien het en bid vir die bekendstelling daarvan vanjaar. Bid ook vir 'n goeie begin met die Studiebybelprojek. Bid vir vrede en politieke stabiliteit. Bid ook vir die vieringe van die 200ste bestaansjaar van Bybelwerk in die Indiese Oseaan; vra dat baie mense hierby betrokke sal raak. Bid vir Bybelwerk op Mayotte en vir meer geleenthede vir die Evangelie op die Comore.

Mauritius
Loof die Here vir die impak van die Kreoolse Nuwe Testament. Ons sal dit gebruik as die grondslag van 'n inisiatief om geestelike groei te bevorder: bid dat duisende mense deur die evangelieboodskap geraak sal word. Dank die Here vir die herdenking van ons 200ste bestaansjaar, en bid dat dit ons bediening nuwe momentum sal gee. Bid vir die ontwikkeling van Bybelwerk op Réunion en vir ons pogings om die Bybelse boodskap te gebruik om die probleem van tienerswangerskap op Rodrigues aan te spreek.

Seychelle
Die afgelope dekades was Bybelvertaling ons belangrikste aktiwiteit. Ons groepie van vier vertalers het verminder tot slegs twee: een voltyds en een deeltyds. Bid dat die Here bykomende vertalers sal voorsien sodat hierdie projek kan vorder. Bid steeds vir ons getroue donateurs, ons personeel en ons raadslede. Dank die Here vir die druk van Jesaja in Kreools Seselwa, wat binnekort bekendgestel word.

Mosambiek
Loof God vir die impak van die Barmhartige Samaritaan-program. Dank Hom ook dat ons ses volgehoue vertalingsprojekte byna voltooi is. Prys Hom vir die voltooiing en bekendstelling van die Nuwe Testament in Cicopi, Xirhonga en Emakhuwa. Dank die Here vir die suksesvolle implementering van ons Moslemprojek. Bid vir ons geletterdheidsprojek op die platteland en vir die volgehoue impak van die Faith Comes By Hearing-program. Bid dat kerke ontvanklik sal wees vir die uitdaging wat kerkleiers saam met ons aan hulle stel: om die Bybel meer te lees