Banier
Banier
Banier
Banier
Banier
Banier
Tuiste die woord en jy bybelhulpmiddels

bybelhulpmiddels

Ek is hy (e-boek)
Gratis aflaaibaar in epub-, mobi- of pdf-formaat

Regdeur die Bybel speel mans 'n belangrike rol. Sommige het in 'n verhouding met God gestaan, terwyl ander weer hul rug op Hom gekeer het. Tog het God met elkeen 'n pad gestap. Hierdie gedeeltes van die Woord is beskikbaar in pdf- of epub-formaat (vir rekenaar, e-lesers, slimfone en tabletrekenaars) en mobi-formaat (vir Kindle).

Ek is sy (e-boek)
Gratis aflaaibaar in epub-, mobi- of pdf-formaat

Regdeur die Bybel speel vroue ’n belangrike rol. Sommige het in verhouding met God gestaan, terwyl ander weer hulle rug op Hom gedraai het. Hulle was vroue met verskillende dimensies, vroue met verskillende lewensomstandighede. Hierdie gedeeltes van die Woord is beskikbaar in pdf- of epub-formaat (vir rekenaar, e-lesers, slimfone en tabletrekenaars) en mobi-formaat (vir Kindle).

Lewenswysheid (e-boek)
Gratis aflaaibaar in epub-, mobi- of pdf-formaat

Die Bybel is baie eeue oud. Tog is die boodskap van hierdie boek uit die verre verlede steeds nuut en vars vir elke generasie. Mag jy in hierdie seleksies uit die Skrif die pad na redding herontdek deur die lewenswaarhede wat daar in God se Woord te vinde is.

Ek is ook iemand
Gratis aflaaibaar in pdf-formaat

Hierdie pamflet verseker jou van God se liefde en beklemtoon wat dit beteken om ʼn kind van God te wees. Verskeie Skrifgedeeltes word aangehaal om jou deur moeilike tye te dra.

Laai jou eksemplaar van Ek is ook iemand in pdf-formaat af!

Die Bybel: Hoop vir almal
Gratis aflaaibaar in pdf-formaat

Die Bybel is 'n bron van hoop. Dit gee versekering, blydskap en krag. Laai jou eksemplaar van Die Bybel: Hoop vir almal af en lees meer oor hoop in die Bybel en deel dit met ander.

Die Evangelie volgens Johannes (e-boek)
Gratis aflaaibaar in epub- of mobi-formaat

Die e-boek weergawe van die Evangelie volgens Johannes in Afrikaans (1983-vertaling) met kruisverwysings en voetnote. Beskikbaar in epub-formaat wat op rekenaar, e-lesers, slimfone en tabletrekenaars afgelaai kan word. Die mobi-formaat is ook beskikbaar vir diegene wat 'n Kindle besit.

E100 Bybelleesrooster
Gratis aflaaibaar in pdf-formaat

Volg E100, 'n opwindende leesrooster wat jou help om in een jaar deur die Bybel te lees. Dit neem jou deur 100 essensiële Skrifgedeeltes uit die Bybel wat die groter prentjie duidelik maak.

Laai die E100 leesrooster nou af in pdf-formaat!

Mary Jones
Gratis aflaaibaar in pdf-formaat

Die Bybelgenootskapbeweging begin by 'n Walliese meisie, Mary Jones, se begeerte na 'n Bybel. Mary is gebore in 'n tyd toe Bybels baie skaars en duur was en het van kleins af 'n verlange na 'n eie Bybel gehad. Op 15-jarige ouderdom, nadat sy vir jare gespaar het, het sy ongeveer 40 km te voet afgelê om 'n Bybel te bekom.

Laai jou eksemplaar van hierdie merkwaardige storie in pdf-formaat nou af!

Waar staan dit in die Bybel
Gratis aflaaibaar in pdf-formaat

Die Bybel is 'n boek wat die ondervinding van mense en die manier waarmee God met ons omgaan, beskryf. Hierdie verwysings sal jou help om boodskappe in die Woord te vind wat sal help om die uitdagings, probleme en vreugdes van die lewe te hanteer.

Laai jou eksemplaar van Waar staan dit in die Bybel in pdf-formaat nou af!

As jou lewe donker word ...
Gratis aflaaibaar in pdf-formaat

Soms word ons oorweldig deur die swaarkry van die lewe. Hierdie Bybelseleksie is saamgestel om dié wat deur donker dieptes gaan nuwe hoop te gee.

Laai jou eksemplaar van As jou lewe donker word ... in pdf-formaat af!

Saam met God by die werk (e-boek)
Gratis aflaaibaar in epub-, mobi- of pdf-formaat

Hierdie boekie sit tien riglyne met toepaslike Skrifgedeeltes uiteen oor hoe om met integriteit te leef en te werk, met ander woorde soos God wil hê ons moet leef en werk. Dit sal ons help om ons daaglikse werk só te doen dat ons God tevrede stel en ook seker kan wees van sy seën. Dit kan deur bestuur sowel as werkers in die werkplek gevolg word sodat almal daarby kan baat vind.

As MIV/Vigs jou lewe aantas ...
Gratis aflaaibaar in pdf-formaat

Die lyding van die talle mense wie se lewens deur MIV/Vigs aangeraak is, gryp ons aan die hart. Hierdie Skrifgedeeltes is saamgestel om dié wat ly, te bemoedig en te versterk.

Laai jou eksemplaar van As MIV/Vigs jou lewe aantas ... in pdf-formaat af!

"Ek was'n vreemdeling ...
Gratis aflaaibaar in pdf-formaat

Vreemdelingehaat steek gereeld kop uit in ons land. Besorgdheid oor die lot van vlugtelinge en immigrante loop egter diep in die Bybel. Hierdie Skrifgedeeltes is saamgestel om die vreemdeling in ons midde te verseker van God se liefde en sorg.

Laai jou eksemplaar van "Ek was 'n vreemdeling ... in pdf-formaat af!

Arm en sonder blyplek?
Gratis aflaaibaar in pdf-formaat

Soms het ons nie woorde wanneer ons gekonfronteer word met die armoede wat ons daagliks rondom ons sien nie. Hierdie Bybelseleksie is saamgestel om dié wat swaar kry hoop te gee.

Laai jou eksemplaar van Arm en sonder blyplek? in pdf-formaat af!!

Oor die Bybel
Gratis aflaaibaar in pdf-formaat

Het jy enige vrae oor die Bybel? Hierdie boekie bevat interessante inligting oor die Bybel, insluitend: Het jy geweet?, Wie het die Bybel geskryf?, Wanneer is die Bybel geskryf?, Waarom kan ons die Bybel vertrou?, Hoe betroubaar is die Bybel deur die eeue oorgelewer?, Wat beteken die Bybel vir my? en Hoe kry ek antwoorde op my vrae?

Laai jou eksemplaar van Oor die Bybel in pdf-formaat af!

 
Banier