ons missie
Dit is die taak van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika om bekostigbare Bybels vir elkeen in hulle eie taal en in geskikte formate beskikbaar te stel sodat almal die lewegewende boodskap van die Woord mag ervaar.
wie is ons
Sedert 1820 is die Bybelgenootskap verantwoordelik om Bybels aan Suid-Afrikaners beskikbaar te stel.
Vandag werk die Bybelgenootskap van Suid-Afrika, met sy hoofkantoor in Bellville, uit sewe streekkantore (Bellville, Bloemfontein, Durban, Esikhawini, Kempton Park, Mthatha en Port Elizabeth) om in die Bybelbehoeftes van die land te voorsien.
Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika is 'n volle lid van die Wêreldbond van Bybelgenootskappe, 'n familie van 146 Bybelgenootskappe wat in meer as 200 lande werksaam is.
wat doen ons
Die Bybel is vir almal – nie net vir diegene wat kan lees en wat 'n Bybel kan bekostig nie. Die Bybelgenootskap se taak is om die Bybel bekostigbaar en toeganklik aan alle Suid-Afrikaners beskikbaar te stel. Dit word gedoen deur 'n uitgebreide publikasieprogram wat vertaling, produksie en verspreiding insluit en dit alles word deur fondsinsameling moontlik gemaak.
bestuur en waardes
Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika is 'n maatskappy sonder winsoogmerk. Die verskillende kerkgenootskappe is lede van die Bybelgenootskap. Kerke benoem verteenwoordigers op die verskillende streekkomitees wat weer elk drie lede na die Algemene Jaarvergadering afvaardig. Die Bybelgenootskap het 'n Raad van Direkteure bestaande uit agt lede.
Die Bybelgenootskap handhaaf gesonde sakebeginsels gerig deur Bybelse waardes ten einde die mees effektiewe en doeltreffende diens te kan lewer.
- integriteit
- vertroue
- respek
- diens
- aanspreeklikheid
wie dien ons
Die Bybelgenootskap dien alle kerke, kerklike organisasies en individue. Die Bybel is reeds in 10 van ons land se 11 amptelike tale vertaal. Ten einde te verseker dat die Bybel vir almal toeganklik is, is die Bybel beskikbaar in verskillende formate.






wie is ons

