English (United Kingdom)
Tuiste toegang tot die woord bybelvasvra bybel vasvra #2

bybel vasvra #2

 
Voltooi asb die volgende vrae:
1. In dié boek verskyn al die reëls en regulasies wat die Israeliete in hulle godsdiens en algemene lewens moes toepas.




2. Die boek vertel ons hoe die Christendom, deur die prediking van die apostels, in die gebied naby die Middellandse See versprei het.




3. Die brief van Paulus is gerig aan die persoon wat sake in die kerk op Kreta moes organiseer.




4. Die boek handel oor 'n gelowige man wat in die Babiloniese koning se paleis diens gedoen het, en onder andere sy drome vir hom uitgelê het.




5. In hierdie boek word die oordeel oor die stad Nineve verkondig.




6. In watter Bybelboek vind ons die volgende teksvers: "Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend."




7. In hierdie Bybelboek val die hoofklem op die herbou van die tempel deur die ballinge wat saam met Serrubbabel na Jerusalem terugkeer het.




8. Die boek bevat 'n versameling liedere en gedigte




9. Die Evangelie wat deur 'n dokter geskryf is.




10. Hierdie boek handel oor die verowering van Kanaän deur die Israeliete.