|
bid saam met die bybelgenootskappe |
|
Hierdie weeklikse inligting vertel ons oor Bybelgenootskapwerk in 'n bepaalde land en bevat spesifieke take waarvoor die betrokke Bybelgenootskap wil hê ons moet bid.
Hierdie week bid ons vir ... Turkye Dank die Here vir sy beskerming gedurende moeilike tye. Ons boekwinkel in Adana het twee aanvalle weerstaan en God se werk word steeds daar gedoen. Loof Hom ook vir die geleenthede om aan boekeskoue deel te neem wat ons belangrikste manier is om die Woord van God met ander te deel. Bid asseblief vir die veiligheid van die klein Christengemeenskap wat probeer om te oorleef en 'n getuienis vir die Woord van God te wees. Bid asseblief vir ons fondse in hierdie tyd van finansiële krisis. Jordanië Bid dat die nuwe Hoofsekretaris en raad wat verlede jaar aangestel is met wysheid sal voortgaan om verhoudings met individue en met die verskillende kerke en organisasies in die land te bou. Bid vir die baie boekeskoue in skole en kerke en vir somerkampe. Bid ook vir die werk onder Asiatiese migrante: mag hulle lewens verander wanneer hulle die Woord van God lees en hoor. Sirië Dank die Here vir leiding vir sy werk. Prys Hom vir die Christenbronnesentrum in Damaskus en vir die baie besoekers wat die hulpmiddels daar gebruik. Baie kinders en jongmense het deur ons programme en aktiwiteite interaksie met die Woord gehad. Ons verspreidingspogings en deelname aan verskeie boekeskoue is steeds tot seën vir diegene wat na sy Woord soek. Bid asseblief vir kerkleiers, dat hulle deur die Heilige Gees gelei sal word.
|
|
LAST_UPDATED2 |