| kopiereg |
|
Waarom is daar kopiereg op die Bybel?
Klik hier om die volledige kopieregbeleid van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika af te laai. (PDF) Watter vertalings van die Bybel word deur Bybelgenootskap van Suid-Afrika se kopiereg beskerm? Afrikaans Die Bybel 1933/53 Die Bybel 1983 Noord-Sotho Bibele 1951 Bibele: Taba ye Botse 2000 Suid-Ndebele ITastamende Elitjha namaRhalani akhethiweko 1986 (Nuwe Testament) Suid-Sotho Bibele 1979 (Lesotho ortografie) Bibele 1961 (Standaard ortografie) Bibele: Phetholelo e Ncha 1989 (Lesotho ortografie) Bibele: Phetholelo e Ntjha 1989 (Standaard ortografie) Swati LiBhayibheli 1996 Tsonga Bibele 1929 Bibele: Mahungu Lamanene 1989 Tswana Beibele 1970 Baebele e e Boitshepo 1992 Venda Bivhili 1980 Bivhili Khethwa: Mafhungo Madifha 1998 Xhosa Izibhalo Ezingcwele 1975 IBhayibhile 1996 Zulu IBhayibheli Elingcwele 1959 Ithestamente eliSha namaHubo 1986 (Nuwe Testament & Psalms) Wie hou die kopiereg vir Engelse vertalings van die Bybel? Kontak die volgende organisasies om aansoek te doen vir Engelse kopiereg: CEV (Contemporary English Version) Copyright © 1991, 1992, 1995 by American Bible Society American Bible Society 1865 Broadway New York, NY 10023 USA Thomas Durakis e-pos: Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien www.americanbible.org ESV (English Standard Version) Copyright © 2001 by Crossway Bibles Good News Publishers 1300 Crescent Street, Wheaton, IL 60187 USA Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien KJV (King James Version) also AV (Authorised Version) Geen kopiereg (Public Domain) NIV (New International Version) Copyright © 1973, 1978, 1984 International Bible Society. International Bible Society (South Africa) Please visit www.ibs.org NKJV (New King James) Copyright © 1982 by Thomas Nelson, Inc. Thomas Nelson Publishers Attn: Bible Rights and Permissions 501 Nelson Place, Nashville, Tennessee 37214-1000 USA TEV (Today’s English Version) also GNT (Good News Translation) Copyright © 1992 by American Bible Society American Bible Society 1865 Broadway New York, NY 10023 USA Thomas Durakis e-pos: Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien www.americanbible.org Wat is die kostes verbonde aan kopiereg? Die koste van kopiereg word vir elke individuele publikasie bepaal. Koste word bepaal op grond van die hoeveelheid skrifgedeeltes wat aangehaal word en ook die persentasie van die produk wat uit skrifaanhalings bestaan. Daarna word die kopieregfooi gegrond op die verkoopsprys van die spesifieke publikasie. Klik hier om die aansoekvorm af te laai. (PDF) Onder watter omstandighede is dit nie nodig om vir kopiereg aansoek te doen nie? Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika verleen graag toestemming aan outeurs en uitgewers om tot vyf honderd (500) verse van die Bybel in enige formaat (geskrewe, visueel, elektronies of oudio) aan te haal. Die aangehaalde verse mag egter nie meer as vyftig persent (50%) van 'n volledige boek van die Bybel, of meer as vyf en twintig persent (25%) van die totale teks van die werk waarin hulle aangehaal word, uitmaak nie, anders moet voorafgaande skriftelike toestemming verkry word. Erkenning van kopiereg moet egter steeds gemeld word: © Aanhalings uit die Bybel in (taal) (datum) – met verlof van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Gemeentelike gebruik van Bybelaanhalings het te make met die normale gebruik van die Bybel. Kopiereg maak voorsiening vir die billike gebruik van aanhalings en dit is geensins die doel van die Bybelgenootskap om die normale gebruik van die Bybel te beperk nie. Sodra Bybelaanhalings in 'n publikasie gebruik word en dit tot kommersiële voordeel van die uitgewer lei, moet skriftelike toestemming van die Bybelgenootskap verkry word en die nodige kopieregerkenning verleen word. |
