English (United Kingdom)
Tuiste toegang tot die woord lees die bybel aanlyn
lees die bybel aanlyn

Die Bybelgenootskap wil graag mense aanmoedig om die Bybel te lees en dit vir hulle moontlik maak om toegang tot die Bybel van hulle keuse te hê.  Die gedrukte Bybel is nie altyd bederhand nie en aangesien jy reeds aanlyn is, is die woord van God net 'n paar kliks met jou muis weg.

Die verskillende Engelse Bybelvertalings is vrylik by www.biblegateway.com beskikbaar en 'n aantal jare gelede is www.bybel.co.za geopen waar mense die Bybelgenootskap se Afrikaanse Bybelvertalings kan lees.

En nou, as jy 'n Xhosa- en Zulusprekende is, kan jy ook jou Bybel op die Internet lees.  Loer in by www.bibles.co.za en lees die Bybel daar.  Vertel jou Xhosa en Zulu vriende, kollegas en mede-Christene.  Ons Internetbybels is ook van 'n soekenjin voorsien wat die opsoek van verskillende tekste of woorde baie vergemaklik.

Die Bybelgenootskap beplan om die Bybel in al die inheemse tale van Suid-Afrika op die Internet beskikbaar te stel.

Lees jou Bybel in een jaar deur.  Klik hier vir die leesrooster.