| bybel-per-maand klub |
|
Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika het in Julie 2001 sy Bybel-per-Maand Klub begin. Dié klub verskil van ’n gewone boekklub waar lede elke maand vir ’n boek betaal. Bybel-per-Maand Klublede betaal maandeliks ’n bedrag sodat iemand anders die waardevolste boek wat ’n mens kan besit – die Bybel – kan ontvang. Sluit aan by die Bybel-per-Maand Klub, klik hier! * * * * Bybel-per-Maand Klub projek vir Julie 2010Bybels vir armesVerlede jaar in April het ons Bybel-per-Maand Klublede byna R137 000 vir hierdie projek bygedra. Danksy hierdie bedrag, sowel as ander bydraes wat die Bybelgenootskap vir dié doel ontvang het, het byna 13 000 mense wat dit geensins kon bekostig nie, 'n eie Bybel ontvang.Landswyd het mense voordeel getrek uit hierdie projek - minderbevoorregtes in Pretoria, besoekers aan 'n sopkombuis in Khanyisa, straatkinders in Khayelithsa, bejaardes in Secunda en getraumatiseerde weeskinders in Groot Marico, om maar net 'n aantal te noem. Elfjarige Mpho skryf oor die Bybels wat sy en haar vriende ontvang het: "Dankie vir die Bybels wat u aan ons gegee het, u het aan ons lewe gegee. Ek gaan my Bybel tot in ewigheid gebruik."In Suid-Afrika is daar miljoene mense wat in 'n laer inkomstegroep val, mense wat skaars genoeg het om te kan oorleef en vir wie 'n bekostigbare Bybel net 'n droom is. Sommige bronne noem dat selfs soveel as 50% van Suid-Afrikaners op of onder die broodlyn leef. Die Bybelgenootskap het 'n strategie in plek om te verseker dat gratis Bybels op 'n verantwoordelike manier onder die armstes van die armstes versprei kan word. Wat word benodig? Vanjaar word ten minste R600 000 benodig om die Bybel met sy boodskap van troos en hoop in die hande te plaas van mense wat soms voel dat hulle deur die samelewing verstoot en vergeet word. Bid vir
|
