Waarom is daar kopiereg op die Bybel?
Watter vertalings van die Bybel word deur Bybelgenootskap van Suid-Afrika se kopiereg beskerm?
Wie hou die kopiereg vir Engelse vertalings van die Bybel?
Wat is die kostes verbonde aan kopiereg?
Onder watter omstandighede is dit nie nodig om vir kopiereg aansoek te doen nie?
- Laai die volledige kopieregbeleid van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika hier af.
- Laai die aansoekvorm hier af.
Vir enige ander navrae vul asseblief onderstaande vorm in:
Waarom is daar kopiereg op die Bybel?
Die vernaamste redes vir kopiereg op enige gepubliseerde werk is eerstens om die integriteit van die teks te beskerm en tweedens om die regte van die kopiereghouer te beskerm.
Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika is 'n nie-winsgewende organisasie. Ons missie is om die Bybel in die tale van die mense van Suid-Afrika teen 'n bekostigbare prys beskikbaar te stel. 'n Braillebybel kos byvoorbeeld meer as R3 000 om te produseer, maar word aan die blindes beskikbaar gestel teen R48. Dit is baie laer as die prys van gewone boeke van dieselfde grootte.
Om die Bybelgenootskap in staat te stel om met hierdie bediening van vertaling, publikasie en verspreiding voort te gaan, maak ons staat op vrywillige bydraes van individue, kerke en sakeondernemings.
Volgens die beskerming wat die Suid-Afrikaanse kopieregwet bied, mag:
- Geen persoon toegelaat word om die teks van die Bybel te neem en veranderings aan te bring om sy eie teologiese of ander standpunte te ondersteun nie.
- Geen persoon toegelaat word om die teks van die Bybel, wat met groot koste deur die Bybelgenootskap uit die oorspronklike tale vertaal is, sonder toestemming en met die doel om 'n wins te maak, te publiseer nie.
- Verder moet daar in gedagte gehou word dat die Bybelgenootskap van Suid-Afrika ook kontrakte gesluit het met die kopiereghouers van sommige Engelse Bybels en dus kopieregfooie moet betaal op elke eksemplaar van so 'n Engelse Bybel wat gepubliseer word.
- Beide die 1933/53- en 1983-vertaling van die Bybel in Afrikaans word deur kopiereg beskerm en is vir leesdoeleindes vryelik beskikbaar by www.bybel.co.za
- Die verskillende vertalings van die Noord-Sotho, Xhosa en Zulu Bybels word deur kopiereg beskerm en is vir leesdoeleindes vryelik beskikbaar by www.bibles.co.za
Watter vertalings van die Bybel word deur Bybelgenootskap van Suid-Afrika se kopiereg beskerm?
Let asseblief daarop dat die datum wat langs 'n vertaling verskyn slegs 'n benaming is en nie noodwendig dui op die nuutste kopieregdatum nie.
Afrikaans
Die Bybel 1933/53
Die Bybel 1983
Die Bybel vir Dowes
Die Bybel vir Almal
Noord-Sotho
Bibele 1951
Bibele: Taba ye Botse 2000
Suid-Ndebele
ITastamende Elitjha namaRhalani akhethiweko 1986 (Nuwe Testament)
Suid-Sotho
Bibele 1979 (Lesotho ortografie)
Bibele 1961 (Standaard ortografie)
Bibele: Phetholelo e Ncha 1989 (Lesotho ortografie)
Bibele: Phetholelo e Ntjha 1989 (Standaard ortografie)
Swati
LiBhayibheli 1996
Tsonga
Bibele 1929
Bibele: Mahungu Lamanene 1989
Tswana
Beibele 1970
Baebele e e Boitshepo 1992
Venda
Bivhili 1980
Bivhili Khethwa: Mafhungo Madifha 1998
Xhosa
Izibhalo Ezingcwele 1975
IBhayibhile 1996
Zulu
IBhayibheli Elingcwele 1959
Ithestamente eliSha namaHubo 1986 (Nuwe Testament & Psalms)
Wie hou die kopiereg vir Engelse vertalings van die Bybel?
Kontak die volgende organisasies om aansoek te doen vir Engelse kopiereg:
CEV (Contemporary English Version)
Copyright © 1991, 1992, 1995 by American Bible Society
American Bible Society
1865 Broadway
New York, NY 10023 USA
Thomas Durakis e-pos:
Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien
www.americanbible.org
ESV (English Standard Version)
Copyright © 2001 by Crossway Bibles
Good News Publishers
1300 Crescent Street, Wheaton, IL 60187 USA
Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien
KJV (King James Version) also AV (Authorised Version)
Geen kopiereg (Public Domain)
NIV (New International Version)
Copyright © 1973, 1978, 1984 International Bible Society.
International Bible Society (South Africa)
Please visit www.biblica.com
NKJV (New King James)
Copyright © 1982 by Thomas Nelson, Inc.
Thomas Nelson Publishers
Attn: Bible Rights and Permissions
501 Nelson Place, Nashville, Tennessee 37214-1000 USA
Ansley Boatman e-pos:
Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien
TEV (Today’s English Version) also GNT (Good News Translation)
Copyright © 1992 by American Bible Society
American Bible Society
1865 Broadway
New York, NY 10023 USA
Thomas Durakis e-pos:
Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien
www.americanbible.org
Wat is die kostes verbonde aan kopiereg?
Die koste van kopiereg word vir elke individuele publikasie bepaal. Koste word bepaal op grond van die hoeveelheid skrifgedeeltes wat aangehaal word en ook die persentasie van die produk wat uit skrifaanhalings bestaan. Daarna word die kopieregfooi gegrond op die verkoopsprys van die spesifieke publikasie.
Onder watter omstandighede is dit nie nodig om vir kopiereg aansoek te doen nie?
Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika verleen graag toestemming aan outeurs en uitgewers om tot vyf honderd (500) verse van die Bybel in enige formaat (geskrewe, visueel, elektronies of oudio) aan te haal. Die aangehaalde verse mag egter nie meer as vyftig persent (50%) van 'n volledige boek van die Bybel, of meer as vyf en twintig persent (25%) van die totale teks van die werk waarin hulle aangehaal word, uitmaak nie, anders moet voorafgaande skriftelike toestemming verkry word. Erkenning van kopiereg moet egter steeds gemeld word:
© Aanhalings uit die Bybel in (taal) (datum) – met verlof van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika.
Gemeentelike gebruik van Bybelaanhalings het te make met die normale gebruik van die Bybel. Kopiereg maak voorsiening vir die billike gebruik van aanhalings en dit is geensins die doel van die Bybelgenootskap om die normale gebruik van die Bybel te beperk nie.
Sodra Bybelaanhalings in 'n publikasie gebruik word en dit tot kommersiële voordeel van die uitgewer lei, moet skriftelike toestemming van die Bybelgenootskap verkry word en die nodige kopieregerkenning verleen word.







