Banier
Banier
Banier
Banier
Banier
Banier
Tuiste afrikaanse bybelvertaling

afrikaanse bybelvertaling

Die doel van hierdie Afrikaanse Bybelvertalingsprojek is om 'n goed verstaanbare, bronteksgeoriënteerde Afrikaanse vertaling van die Bybel wat geskik is vir voorlesing Afrikaanse Bybelvertalingen gebruik in eredienste, asook vir kategese, Bybelstudie en persoonlike gebruik te skep.

Agtergrond

Na jare van deeglike akademiese en marknavorsing het die Kerklike Advieskomitee, wat namens alle kerke wat die Afrikaanse Bybel gebruik die Bybelgenootskap van Suid-Afrika adviseer oor sake wat die Bybel in Afrikaans raak, die Bybelgenootskap in 2004 versoek om ’n nuwe vertaling van die Bybel in Afrikaans voor te berei. Die Bybelgenootskap het dus nie die inisiatief geneem vir ’n nuwe vertaling nie, maar wel die kerke wat die Afrikaanse Bybel gebruik.

Hierdie versoek is in Februarie 2005 deur die destydse Nasionale Raad van die Bybelgenootskap goedgekeur en daar is in 2006 met die projek begin.

Die vertaalopdrag maak dit duidelik dat die vertaling 'n getroue weergawe van die betekenis van die bronteks moet wees, terwyl beelde, metafore, styl en struktuur van die bronteks sover moontlik behou moet word. Die vertaling moet van hoë letterkundige gehalte en goed verstaanbaar wees.

Die werkstitel van hierdie vertaling is Die Bybel in Afrikaans: 'n direkte vertaling. 'n "Direkte" vertaling is 'n tegniese term wat ontleen is aan die begrip "direkte rede". Wanneer 'n spreker se woorde "direk" aangehaal word, impliseer dit die spreker se presiese woorde. 'n Direkte Bybelvertaling streef daarna om die bronteks van die Bybel op so 'n manier te vertaal asof die Hebreeuse, Aramese of Griekse spreker of skrywer se woorde "direk" aangehaal word, maar dan asof gewone idiomatiese en hedendaagse Afrikaans gepraat of geskryf word.

Die projek toon bestendige vordering en daar is reeds 'n aantal boeke beskikbaar op die webwerf www.nuwekerkbybel.co.za vir kommentaar.

Die Redaksionele Komitee vir die Nuwe Testament, bestaande uit 'n brontaalkundige, twee eksegete (persone wat die teks verklaar), twee Afrikaanse letterkundiges, een Afrikaanse taalkundige, een vertaalkundige en die projekleier, beoog om in 2013 die teks van die Nuwe Testament te finaliseer.

Verwagte impak

  • Hierdie vertaling sal 'n baie spesifieke behoefte aanspreek wat in Afrikaanssprekende kerke bestaan, naamlik aan ’n Bybelvertaling wat sterker aansluit by die bronteks (dit wil sê die Hebreeuse, Aramese en Griekse tekste) as die bestaande vertalings.
  • Baie gelowiges sal 'n Bybel wat so na moontlik aan die bronteks is, maar steeds in goeie verstaanbare Afrikaans is, ontvang.

Begroting
R3,2 miljoen word benodig om in 2012 met hierdie projek te kan voortgaan.

Help die Bybelgenootskap om die Bybel met sy boodskap van hoop beskikbaar te stel.

Direkte inbetaling
Aanlyn kredietkaartinbetaling

 

DIREKTE INBETALING

Al doen jy 'n direkte inbetaling in ons bankrekening, sal ons dit waardeer as jy nog steeds onderstaande vorm invul. Op die depositostrokie, in die ruimte vir die deposito-verwysing, vul asseblief jou naam plus 1501 in.

Bankbesonderhede
Bybelgenootskap van Suid-Afrika
Bank:  ABSA
Rekeningnommer:  550 220 288
Takkode:  632-005

Voltooi die meegaande vorm indien u wil hê dat ander ook moet baat vind by 'n Bybel in hulle eie taal.

Bewys van ondersteuning - Bybelwerk
  1. Projekte(*)
    Kies asb 'n projek
  2. Naam & Van(*)
    Verstrek asb u naam
  3. E-posadres(*)
    Verstrek asb volledige e-posadres
  4. Kontaknommer
    Invalid Input
  5. Adres
    Invalid Input
  6. Kerkverband
    Invalid Input
  7. Gemeente
    Invalid Input
  8. Wyse van ondersteuning(*)
    Kies asb die wyse van ondersteuning
  9. Bedrag(*)
    Voorsien asb die bedrag.
  10. Tik sekuriteitskode hier
    Tik sekuriteitskode hier
    Invalid Input
  11.   

AANLYN KREDIETKAARTBETALINGS

Kies 'n bedrag en gee op 'n veilige manier 'n bydrae om die Bybelgenootskap te help om bekostigbare Bybels aan almal beskikbaar te stel.

(Hierdie metode maak van die Bybelgenootskap se 'Safeshop' gebruik. Dit beteken dat u bydrae as 'n verkoopstransaksie hanteer word, maar dit sal as 'n donasie verwerk en erken word.)

Ek wil graag 'n eenmalige bedrag aanlyn doen:

R100,00 as eenmalige direkte inbetaling.
R200,00 as eenmalige direkte inbetaling.
R500,00 as eenmalige direkte inbetaling.
R1 000,00 as eenmalige direkte inbetaling.