Banier
Banier
Banier
Banier
Banier
Banier
Tuiste bybelprogramme vir spesifieke behoeftes

bybelprogramme vir spesifieke behoeftes

Die doel van hierdie projek is om deur Bybelprogramme die Bybel te gebruik om spesifieke behoeftes van mense aan te spreek en sodoendeBybelprogramme vir spesifieke behoeftes interaksie met die Woord te bevorder.

Agtergrond

Daar word tans op twee programme gefokus – die ontwikkeling van Bybelseleksies wat spesifieke behoeftes aanspreek asook van geletterdheidsmateriaal wat op die Bybel gebaseer is.

Mense bevind hulle dikwels in omstandighede waar hulle meer as net fisiese hulp benodig. Armoede, MIV/Vigs, xenofobie, depressie, werkloosheid en natuurrampe is maar net 'n paar voorbeelde waar mense die geloof, hoop en liefde wat die Bybel bied, benodig. Mense het dikwels nodig om te weet dat God vir hulle in hulle spesifieke omstandighede omgee.

Om hierdie behoeftes te kan aanspreek word Bybelgedeeltes en –seleksies oor verskillende onderwerpe ontwikkel en beskikbaar gestel.

Miljoene Suid-Afrikaners is ongeletterd. Die Bybel is vir hulle dus 'n geslote boek. Geletterdheidsmateriaal gebaseer op die Bybel, word ontwikkel en die eerste boekie, My Bible Do and Learn Book in Engels sal binnekort beskikbaar gestel word vir gebruik deur mense wat ander help om te leer lees. Die boekie is geskik vir gebruik in die onderrig van basiese geletterdheid vir alle ouderdomme, van voorskoolse kinders tot ongeletterde volwassenes. Daar word gebruik gemaak van die visuele assosiasie metode.

Verwagte impak

  • Mense wat hulle in spesifieke krisisomstandighede bevind, sal deur die bybelse boodskap vertroos en bemoedig word.
  • Mense sal gehelp word om self te kan lees.
  • Interaksie met die Bybel sal hierdeur bevorder word.

Begroting
Om hierdie programme gedurende die jaar verder uit te bou en te vestig word R500 000 benodig.

Help die Bybelgenootskap om die Bybel met sy boodskap van hoop beskikbaar te stel!

Direkte inbetaling
Aanlyn kredietkaartinbetaling

DIREKTE INBETALING

Al doen jy 'n direkte inbetaling in ons bankrekening, sal ons dit waardeer as jy nog steeds onderstaande vorm invul. Op die depositostrokie, in die ruimte vir die deposito-verwysing, vul asseblief jou naam plus 1530 in.

Bankbesonderhede
Bybelgenootskap van Suid-Afrika
Bank: ABSA
Rekeningnommer: 550 220 288
Takkode: 632-005

Voltooi die meegaande vorm indien u wil hê dat ander ook moet baat vind by 'n Bybel in hulle eie taal.

Bewys van ondersteuning - Bybelwerk
  1. Projekte(*)
    Kies asb 'n projek
  2. Naam & Van(*)
    Verstrek asb u naam
  3. E-posadres(*)
    Verstrek asb volledige e-posadres
  4. Kontaknommer
    Invalid Input
  5. Adres
    Invalid Input
  6. Kerkverband
    Invalid Input
  7. Gemeente
    Invalid Input
  8. Wyse van ondersteuning(*)
    Kies asb die wyse van ondersteuning
  9. Bedrag(*)
    Voorsien asb die bedrag.
  10. Tik sekuriteitskode hier
    Tik sekuriteitskode hier
    Invalid Input
  11.   


AANLYN KREDIETKAARTBETALINGS


Kies 'n bedrag en gee op 'n veilige manier 'n bydrae om die Bybelgenootskap te help om bekostigbare Bybels aan almal beskikbaar te stel.

(Hierdie metode maak van die Bybelgenootskap se 'Safeshop' gebruik. Dit beteken dat u bydrae as 'n verkoopstransaksie hanteer word, maar dit sal as 'n donasie verwerk en erken word.)

Ek wil graag 'n eenmalige bedrag aanlyn doen:
R100,00 as eenmalige direkte inbetaling.
R200,00 as eenmalige direkte inbetaling.
R500,00 as eenmalige direkte inbetaling.
R1 000,00 as eenmalige direkte inbetaling.