Banier
Banier
Banier
Banier
Banier
Banier
Tuiste bybels vir die armes

bybels vir die armes

Die doel van die Bybels vir die armes-projek is om Bybels gratis op 'n verantwoordelike manier beskikbaar te stel aan diegene Bybels vir die armeswat dit nie kan bekostig nie.

Agtergrond

In Suid-Afrika neem armoede skrikwekkende afmetings aan. Wanneer word iemand as arm beskou? Navorsers bestudeer armoede onder verskillende bevolkingsgroepe, in verskillende provinsies, stedelik of op die platteland, verskillende ouderdomsgroepe en geslagte. In verskillende studies oor die onderwerp word onderwysstandaarde, die gebrek aan basiese lewensmiddelle soos voedsel, behuising, water, elektrisiteit, sanitasie, en werksgeleenthede in ag geneem om die stand van armoede te bepaal. Die koue feit is egter dat ongeveer 50% van die Suid-Afrikaanse bevolking as arm beskou kan word. Anders gestel: een uit elke twee Suid-Afrikaners ly honger!

Die Bybelgenootskap se Bybels vir armes-projek is daarop gemik om die Bybel wat hoop vir almal bied ook beskikbaar te stel aan hulle vir wie 'n eie Bybel net 'n droom is.

Versoeke stroom daagliks in by ons Bybelhuise. Daarom het die Bybelgenootskap 'n strategie in plek om te verseker dat gratis Bybels op 'n verantwoordelike manier onder die armstes van die armes versprei kan word.

In 2011 het 18 281 mense, wat dit andersins nie sou kon bekostig nie, danksy Bybelgenootskapdonateurs wat hierdie projek ondersteun, 'n eie Bybel ontvang.

Verwagte impak

  • Die Bybel sal in die hande geplaas word van mense wat dit broodnodig het, maar wat dit nie kan bekostig nie. Die krag van die Lewende Woord sal op hierdie manier troos en hoop bring aan mense wat soms voel dat hulle deur die samelewing verstoot word.

Begroting

R700 000 word in 2012 spesifiek vir hierdie doel benodig.

Help die Bybelgenootskap om die Bybel met sy boodskap van hoop beskikbaar te stel.

Direkte inbetaling
Aanlyn kredietkaartinbetaling

 

DIREKTE INBETALING

Al doen jy 'n direkte inbetaling in ons bankrekening, sal ons dit waardeer as jy nog steeds onderstaande vorm invul. Op die depositostrokie, in die ruimte vir die deposito-verwysing, vul asseblief jou naam plus 1505 in.

Bankbesonderhede
Bybelgenootskap van Suid-Afrika
Bank:  ABSA
Rekeningnommer:  550 220 288
Takkode:  632-005

Voltooi die meegaande vorm indien u wil hê dat ander ook moet baat vind by 'n Bybel in hulle eie taal.

Bewys van ondersteuning - Bybelwerk
  1. Projekte(*)
    Kies asb 'n projek
  2. Naam & Van(*)
    Verstrek asb u naam
  3. E-posadres(*)
    Verstrek asb volledige e-posadres
  4. Kontaknommer
    Invalid Input
  5. Adres
    Invalid Input
  6. Kerkverband
    Invalid Input
  7. Gemeente
    Invalid Input
  8. Wyse van ondersteuning(*)
    Kies asb die wyse van ondersteuning
  9. Bedrag(*)
    Voorsien asb die bedrag.
  10. Tik sekuriteitskode hier
    Tik sekuriteitskode hier
    Invalid Input
  11.   


AANLYN KREDIETKAARTBETALINGS


Kies 'n bedrag en gee op 'n veilige manier 'n bydrae om die Bybelgenootskap te help om bekostigbare Bybels aan almal beskikbaar te stel.

(Hierdie metode maak van die Bybelgenootskap se 'Safeshop' gebruik. Dit beteken dat u bydrae as 'n verkoopstransaksie hanteer word, maar dit sal as 'n donasie verwerk en erken word.)

Ek wil graag 'n eenmalige bedrag aanlyn doen:

R100,00 as eenmalige direkte inbetaling.
R200,00 as eenmalige direkte inbetaling.
R500,00 as eenmalige direkte inbetaling.
R1 000,00 as eenmalige direkte inbetaling.