Banier
Banier
Banier
Banier
Banier
Banier
Tuiste bybels vir gevangenes

bybels vir gevangenes

Die doel van die projek, Bybels vir gevangenes, is om gratis Bybels aan die Departement Korrektiewe Dienste vir verspreiding onder gevangenes Bybels vir gevangenesbeskikbaar te stel.

Agtergrond

Volgens statistieke was daar in 2011 sowat 162 162 gevangenes in Suid-Afrikaanse gevangenisse. Hiervan was 49 695 verhoorafwagtend en 112 467 persone reeds besig om hulle straf uit te dien. Suid-Afrikaanse gevangenisse is 137% oorbevolk.

Dit is verder opmerklik dat die meeste gevangenes in Suid-Afrika 'n straf uitdien as gevolg van een of ander geweldsmisdaad (meer as 84 000 van die wat reeds gevonnis is of verhoorafwagtend is). 'n Verdere 24 960 is weens seksuele misdrywe in die gevangenis.

Omdat die boodskap van die Bybel kan help om lewens te verander, bewillig die Bybelgenootskap jaarliks 'n bedrag om gratis Bybels aan die Departement Korrektiewe Dienste beskikbaar te stel vir verspreiding onder gevangenes. Die Direktoraat Geestelike Sorg van hierdie Departement beheer die verspreiding van hierdie Bybels wat die eiendom van die gevangene word.

Danksy die Bybels vir gevangenes-projek, het 16 411 gevangenes die afgelope jaar 'n eie Bybel ontvang.

Verwagte impak

  • Die Bybel bring troos en hoop aan mense wat van hulle vryheid ontneem is;
  • Die Bybel kan 'n bydrae lewer in die rehabilitasieproses en gevangenes aanmoedig om, na die uitdien van hulle vonnisse, 'n misdaadvrye bestaan te voer.

Begroting

Vir 2012 word R700 000 vir die beskikbaarstelling van Bybels aan gevangenes benodig.

Help die Bybelgenootskap om die Bybel met sy boodskap van hoop beskikbaar te stel.

Direkte inbetaling
Aanlyn kredietkaartinbetaling

 

DIREKTE INBETALING

Al doen jy 'n direkte inbetaling in ons bankrekening, sal ons dit waardeer as jy nog steeds onderstaande vorm invul. Op die depositostrokie, in die ruimte vir die deposito-verwysing, vul asseblief jou naam plus 1504 in.

Bankbesonderhede
Bybelgenootskap van Suid-Afrika
Bank:  ABSA
Rekeningnommer:  550 220 288
Takkode:  632-005

Voltooi die meegaande vorm indien u wil hê dat ander ook moet baat vind by 'n Bybel in hulle eie taal.

Bewys van ondersteuning - Bybelwerk
  1. Projekte(*)
    Kies asb 'n projek
  2. Naam & Van(*)
    Verstrek asb u naam
  3. E-posadres(*)
    Verstrek asb volledige e-posadres
  4. Kontaknommer
    Invalid Input
  5. Adres
    Invalid Input
  6. Kerkverband
    Invalid Input
  7. Gemeente
    Invalid Input
  8. Wyse van ondersteuning(*)
    Kies asb die wyse van ondersteuning
  9. Bedrag(*)
    Voorsien asb die bedrag.
  10. Tik sekuriteitskode hier
    Tik sekuriteitskode hier
    Invalid Input
  11.   


AANLYN KREDIETKAARTBETALINGS


Kies 'n bedrag en gee op 'n veilige manier 'n bydrae om die Bybelgenootskap te help om bekostigbare Bybels aan almal beskikbaar te stel.

(Hierdie metode maak van die Bybelgenootskap se 'Safeshop' gebruik. Dit beteken dat u bydrae as 'n verkoopstransaksie hanteer word, maar dit sal as 'n donasie verwerk en erken word.)

Ek wil graag 'n eenmalige bedrag aanlyn doen:

R100,00 as eenmalige direkte inbetaling.
R200,00 as eenmalige direkte inbetaling.
R500,00 as eenmalige direkte inbetaling.
R1 000,00 as eenmalige direkte inbetaling.