Die doel van hierdie projek is om 'n Bybel in doofgerigte Engels in Suid-Afrika en in Afrika vir Dowes wat die Bybel in Engels gebruik,
beskikbaar te stel.
Agtergrond
Dit is 'n feit dat aangesien mense gesproke taal deur veral nabootsing en verbale kommunikasie leer, ondervind doofgeborenes spesifieke taal- en leesbehoeftes wat daartoe lei dat hulle van baie geleenthede uitgesluit word.
Die Bybel is vir die meeste Dowes 'n geslote boek wat hulle nie kan verstaan nie. Baie skole vir Dowes in Afrika gebruik Engels as onderrigmedium, maar ongelukkig is bestaande Bybelvertalings vir die meeste Dowes moeilik verstaanbaar en dit lei maklik tot verwarring. Navorsing toon dat die leesvaardigheid van die meeste volwasse Dowes in Suid-Afrika gelykstaande is aan dié van horende kinders tussen 8 en 10 jaar oud. Slegs 'n klein persentasie dowe leerders slaag uiteindelik Graad 12.
Vir die meeste Dowes is Gebaretaal hulle moedertaal en hulle sal sonder twyfel eerder 'n visuele Bybel met die Gebaretaal wat hulle verstaan, verkies. Behalwe dat 'n visuele Bybel 'n uiters duur projek is, word een Gebaretaal nie deur almal gebruik nie. In Suid-Afrika alleen is 12 verskillende Gebaretale gedokumenteer en in Afrika ten minste 150. 'n Verdere probleem is dat die Bybelteks leen hom nie oral tot die gebruik van Gebaretaal nie. Die volledige Bybelteks kan dus moeilik deur die visuele medium vir Dowes toeganklik gemaak word.
Die beoogde Engelse Bybel vir Dowes sal dus so vertaal word dat die meeste Dowes wat hulle onderrig in Engels ontvang, dit sal verstaan. 'n Beperkte woordeskat sal gebruik word asook baie voetnote en illustrasies om sekere begrippe in die teks vir Dowes te verduidelik.
Verwagte impak
- Hierdie vertaling sal help om die Bybel vir baie Dowes in Suid-Afrika, sowel as in Afrika, toeganklik te maak en hulle in staat stel om die bybelse boodskap beter te verstaan.
Begroting
R699 998 word benodig om hierdie vertaling in 2012 te laat vorder.
Help die Bybelgenootskap om die Bybel met sy boodskap van hoop beskikbaar te stel!
Direkte inbetaling
Aanlyn kredietkaartinbetaling
Al doen jy 'n direkte inbetaling in ons bankrekening, sal ons dit waardeer as jy nog steeds onderstaande vorm invul. Op die depositostrokie, in die ruimte vir die deposito-verwysing, vul asseblief jou naam plus 1400 in.
Bankbesonderhede
Bybelgenootskap van Suid-Afrika
Bank: ABSA
Rekeningnommer: 550 220 288
Takkode: 632-005
Voltooi die meegaande vorm indien u wil hê dat ander ook moet baat vind by 'n Bybel in hulle eie taal.
Kies 'n bedrag en gee op 'n veilige manier 'n bydrae om die Bybelgenootskap te help om bekostigbare Bybels aan almal beskikbaar te stel.
(Hierdie metode maak van die Bybelgenootskap se 'Safeshop' gebruik. Dit beteken dat u bydrae as 'n verkoopstransaksie hanteer word, maar dit sal as 'n donasie verwerk en erken word.)
Ek wil graag 'n eenmalige bedrag aanlyn doen:
R100,00 as eenmalige direkte inbetaling.
R200,00 as eenmalige direkte inbetaling.
R500,00 as eenmalige direkte inbetaling.
R1 000,00 as eenmalige direkte inbetaling.







engelse bybel vir dowes