Banier
Banier
Banier
Banier
Banier
Banier
Tuiste faith comes by hearing

faith comes by hearing

Die hoofdoel van die Faith Comes By Hearing-program is om mense in luistergroepe na die Bybel te laat luister. Deur klankformaat word die BybeFaith Comes By Hearing-programl toeganklik gemaak vir miljoene Suid-Afrikaners wat volgens navorsing nie funksioneel geletterd is nie en vir wie die Bybel feitlik 'n geslote boek is. Baie mense wie se lewens so besig is dat hulle feitlik nie tyd het om te lees nie asook diegene wat nie wil lees nie, kan ook by die program baat.

Agtergrond

Die taak van die Bybelgenootskap is om die Woord vir almal toeganklik te maak en om dié rede is daar in samewerking met 'n Amerikaanse organisasie, Hosanna, begin om die Faith comes By Hearing-program in Suid-Afrika te vestig. Die luistergroepe ontvang 'n apparaat, die Proclaimer, wat baie soos 'n kassetspeler lyk en 'n mikroskyfie bevat waarop die gedramatiseerde weergawe van die Nuwe Testament gelaai is.

Die Nuwe Testament in hierdie formaat is beskikbaar in tien van Suid-Afrika se elf amptelike tale. Die enigste een wat ontbreek, is Suid-Ndebele. Die opnames in Shona, Portugees en Frans word ook in Suid-Afrika gebruik. Meer as 1 500 luistergroepe is in 2011 oral in die land gevestig en duisende mense kon danksy hierdie program, na die Bybel luister.

Marie Motshabi vertel: "Ons is miskien arm en ongeletterd in die oë van die wêreld, want ons het nie baie aardse goed nie, maar geestelik word ons ryklik geseën. Danksy die Proclaimer kan ons nou self die Woord hoor en hoef nie te wag vir ander om vir ons te lees nie."

Amelia Chauke sê: "Die Proclaimer het my lewe verander. Toe ek hoor wat Saulus aan die Christene gedoen het en God het hom vergewe, het ek besef dat die Here ook al my sondes kan vergewe. Prys die Here!"

Verwagte Impak

  • Deur die luistergroepe sal mense die geleentheid kry om met die Woord van God om te gaan en dit mag geestelike groei tot gevolg hê.
  • Mense wat ongeletterd is, kan in 'n veilige omgewing na die Bybel luister
  • Hierdie program kan 'n positiewe bydrae tot die morele opheffing van die samelewing maak.

Begroting
Die Bybelgenootskap benodig vanjaar R2 087 476 om die te verseker dat meer mense in ons land by die Faith Comes By Hearing-program kan baat.

Help die Bybelgenootskap om die Bybel met sy boodskap van hoop beskikbaar te stel!

Direkte inbetaling
Aanlyn kredietkaartinbetaling

DIREKTE INBETALING

Al doen jy 'n direkte inbetaling in ons bankrekening, sal ons dit waardeer as jy nog steeds onderstaande vorm invul. Op die depositostrokie, in die ruimte vir die deposito-verwysing, vul asseblief jou naam plus 1170 in.

Bankbesonderhede
Bybelgenootskap van Suid-Afrika
Bank:  ABSA
Rekeningnommer:  550 220 288
Takkode:  632-005

Voltooi die meegaande vorm indien u wil hê dat ander ook moet baat vind by 'n Bybel in hulle eie taal.

Bewys van ondersteuning - Bybelwerk
  1. Projekte(*)
    Kies asb 'n projek
  2. Naam & Van(*)
    Verstrek asb u naam
  3. E-posadres(*)
    Verstrek asb volledige e-posadres
  4. Kontaknommer
    Invalid Input
  5. Adres
    Invalid Input
  6. Kerkverband
    Invalid Input
  7. Gemeente
    Invalid Input
  8. Wyse van ondersteuning(*)
    Kies asb die wyse van ondersteuning
  9. Bedrag(*)
    Voorsien asb die bedrag.
  10. Tik sekuriteitskode hier
    Tik sekuriteitskode hier
    Invalid Input
  11.   


AANLYN KREDIETKAARTBETALINGS


Kies 'n bedrag en gee op 'n veilige manier 'n bydrae om die Bybelgenootskap te help om bekostigbare Bybels aan almal beskikbaar te stel.

(Hierdie metode maak van die Bybelgenootskap se 'Safeshop' gebruik. Dit beteken dat u bydrae as 'n verkoopstransaksie hanteer word, maar dit sal as 'n donasie verwerk en erken word.)

Ek wil graag 'n eenmalige bedrag aanlyn doen:
R100,00 as eenmalige direkte inbetaling.
R200,00 as eenmalige direkte inbetaling.
R500,00 as eenmalige direkte inbetaling.
R1 000,00 as eenmalige direkte inbetaling.