Banier
Banier
Banier
Banier
Banier
Banier
Tuiste suid-ndebele bybels

suid-ndebele bybels

Die doel van hierdie projek is om die eerste volledige Bybel ooit in hulle moedertaal aan Suid-Ndebelesprekendes teen 'n baie bekostigbare prys Suid-Ndebele Bybelsbeskikbaar te stel..

Agtergrond

Suid-Ndebele is een van Suid-Afrika se 11 amptelike tale.  Die meeste van die net meer as 712 000 Suid-Afrikaners wat hierdie taal praat, woon in Mpumalanga, Limpopo en Gauteng.

Suid-Ndebele is die enigste amptelike taal in Suid-Afrika wat nog nie oor die volledige Bybel beskik nie. Christene wat hierdie taal praat, moet noodgedwonge van hoofsaaklik die Zulu Bybel gebruik maak.

Die afgelope 11 jaar is daar op versoek van die Suid-Ndebelesprekende Kerk aan die vertaling van die Ou Testament gewerk, asook aan 'n hersiening van die Nuwe Testament wat in 1986 gepubliseer is. Die vertaling is voltooi en daar is nou begin met die voorpublikasieproses, bladuitleg, proeflees, ensovoorts waarna die Bybel gedruk sal word.

Tswanasprekendes, byvoorbeeld, besit reeds sedert 1857 die Bybel in hulle eie taal, Zulus sedert 1883 en Afrikaners sedert 1933. Suid-Ndebelesprekendes het nog nie hierdie voorreg nie.

Die Bybelgenootskap beplan om hierdie Bybel voor Kersfees 2012 te publiseer.  Omdat hierdie taalgroep so lank vir die Bybel in hulle taal moet wag, is daar besluit om die eerste oplaag teen 'n baie spesiale prys beskikbaar te stel sodat soveel moontlik Suid-Ndebelesprekendes 'n eie Bybel in hulle moedertaal kan bekom.

Verwagte impak

  • Baie Suid-Ndebelesprekendes sal vir die eerste keer 'n eie Bybel in hulle moedertaal kan bekom.
  • Deur hierdie Bybel sal hulle die geleentheid kry om die bybelse boodskap soveel beter te verstaan en dit sal aanleiding tot groei in die Kerk gee.
  • Hierdie vertaling sal ook 'n bydrae tot die ontwikkeling van die Suid-Ndebeletaal lewer.

Begroting

R250 000 word benodig om 10 000 Bybels teen ongeveer die helfte van die normale prys beskikbaar te stel.

Help die Bybelgenootskap om die Bybel met sy boodskap van hoop beskikbaar te stel.

Direkte inbetaling
Aanlyn kredietkaartinbetaling

 

DIREKTE INBETALING

Al doen jy 'n direkte inbetaling in ons bankrekening, sal ons dit waardeer as jy nog steeds onderstaande vorm invul. Op die depositostrokie, in die ruimte vir die deposito-verwysing, vul asseblief jou naam plus 1502 in.

Bankbesonderhede
Bybelgenootskap van Suid-Afrika
Bank:  ABSA
Rekeningnommer:  550 220 288
Takkode:  632-005

Voltooi die meegaande vorm indien u wil hê dat ander ook moet baat vind by 'n Bybel in hulle eie taal.

Bewys van ondersteuning - Bybelwerk
  1. Projekte(*)
    Kies asb 'n projek
  2. Naam & Van(*)
    Verstrek asb u naam
  3. E-posadres(*)
    Verstrek asb volledige e-posadres
  4. Kontaknommer
    Invalid Input
  5. Adres
    Invalid Input
  6. Kerkverband
    Invalid Input
  7. Gemeente
    Invalid Input
  8. Wyse van ondersteuning(*)
    Kies asb die wyse van ondersteuning
  9. Bedrag(*)
    Voorsien asb die bedrag.
  10. Tik sekuriteitskode hier
    Tik sekuriteitskode hier
    Invalid Input
  11.   


AANLYN KREDIETKAARTBETALINGS


Kies 'n bedrag en gee op 'n veilige manier 'n bydrae om die Bybelgenootskap te help om bekostigbare Bybels aan almal beskikbaar te stel.

(Hierdie metode maak van die Bybelgenootskap se 'Safeshop' gebruik. Dit beteken dat u bydrae as 'n verkoopstransaksie hanteer word, maar dit sal as 'n donasie verwerk en erken word.)

Ek wil graag 'n eenmalige bedrag aanlyn doen:

R100,00 as eenmalige direkte inbetaling.
R200,00 as eenmalige direkte inbetaling.
R500,00 as eenmalige direkte inbetaling.
R1 000,00 as eenmalige direkte inbetaling.