Banier
Banier
Banier
Banier
Banier
Banier
Tuiste wat jy kan doen

sluit aan by bybel-per-maand klub

BAM Logo

Probeer jou vir 'n oomblik indink hoe dit sou wees om nie 'n eie Bybel te besit nie …

En tog, is daar so baie mense wat nie 'n Bybel in hulle eie taal het nie.  Jy kan egter help om dit vir hulle moontlik te maak.

Sluit aan by die Bybel-per-Maand Klub!

Deur jou gereelde ondersteuning kan meer mense 'n eie Bybel besit.

Vir elke R33 wat die Bybelgenootskap ontvang, kan een meer Bybel beskikbaar gestel word.

As een van ons vennote in die Bybel-per-Maand Klub sal jy die volgende ontvang:

  • 'n Lidmaatskapskaart as bewys dat jy 'n vennoot in die Bybel-per-Maand Klub is
  • Gereelde uitgawes van 'Die Saaier', 'n nuusbrief om jou meer te vertel van mense wie se lewens deur die Woord van die Here verander is
  • 'n Spesiale telefoonadresboekie met die Bybel-per-Maand Klub logo daarop, om jou daagliks te herinner om vir ons te bid
  • Gereelde nuus oor vertalings- en Bybelverspreidings-projekte.