
Hoekom ry as jy kan stap? En hoekom net stap as jy kan stap vir Bybels?
In ons land is oud en jonk besig om die strate oor te neem om meer aktief betrokke te raak by Bybelverspreiding. Geen geleentheid is te klein, geen stap te kort – enige pretstap kan ten bate van die verspreiding van die woord van God aangepak word.
Hoekom?
- Om die Bybelgenootskap te help om in Bybelbehoeftes te voorsien.
- Ook vir die byna twintig miljoen mense in ons land vir wie die Bybel 'n geslote boek is. Sommiges is blind of swaksiende, ander se leesvermoë is beperk of hulle het nooit leer lees nie, en nog ander is doof gebore en hulle het spesifieke taal- en leesbehoeftes.
- Die taak van die Bybelgenootskap is om bekostigbare Bybels aan almal beskikbaar te stel en daarvoor word fondse benodig.
Die fondse stel die Bybelgenootskap in staat om in die Bybelbehoeftes te voorsien en so die Bybel vir meer mense in Suid-Afrika toeganklik te maak.
Indien jy wil help om bekostigbare Bybels aan al die mense in ons land beskikbaar te stel, kies een van die volgende opsies:
- Ek stap graag en wil deel van 'n Stap vir Bybels-projek wees
- Ek wil graag 'n stapper ondersteun deur borgskappe in te samel
- Ek wil Stap vir Bybels finansieel ondersteun
- Ek verlang meer inligting
- Vir 'n Stap vir Bybels naby jou






