Die doel van hierdie projek is om 'n Bybelvertaling in hedendaagse Zulu beskikbaar te stel. 
Agtergrond
Reeds in 1883 het Zulus vir die eerste keer 'n volledige Bybel in hulle moedertaal ontvang. Die vertaling van die Zulu Bybel wat tans deur die meeste Zulusprekendes gebruik word, is meer as 50 jaar gelede voltooi.
Zulu is, soos die geval met die meeste tale, 'n dinamiese taal wat steeds ontwikkel. Hierdie verandering in die taal bring mee dat, veral jonger Zulusprekendes, nie meer alles in die bestaande Bybel duidelik verstaan nie aangesien die vertaling nie altyd die taal soos dit vandag gepraat word, gebruik nie.
In 1986 is 'n Nuwe Testament en Psalms in moderne Zulu gepubliseer, maar weens verskeie faktore is daar nie met die vertaling van die Ou Testament voortgegaan nie. Op versoek van verskeie Zulu kerke het die Bybelgenootskap in Augustus 2009 met die vertaling van die Ou Testament begin.
Daar is drie voltydse vertalers by hierdie projek betrokke. Die projek beskik ook oor 'n hersieningskomitee wat uit 15 lede bestaan. Hierdie komitee is uiters noodsaaklik in die vertaalproses. Hulle is verantwoordelik om die gehalte van die vertaling te toets en verdere aanbevelings te maak ten einde te verseker dat dat die beste vertaling moontlik in die hande van die gebruikers kom.
Verwagte impak
- Aangesien die Bybel in die taal van vandag vertaal word, sal baie Zulusprekendes, veral die jeug, die Bybelse boodskap beter verstaan.
Begroting
R837 016 word benodig om te verseker dat die vertalers en hersieningskomitee in 2012 met hulle taak kan voortgaan.
Help die Bybelgenootskap om die Bybel met sy boodskap van hoop beskikbaar te stel.
Direkte inbetaling
Aanlyn kredietkaartinbetaling
Al doen jy 'n direkte inbetaling in ons bankrekening, sal ons dit waardeer as jy nog steeds onderstaande vorm invul. Op die depositostrokie, in die ruimte vir die deposito-verwysing, vul asseblief jou naam plus 1016 in.
Bankbesonderhede
Bybelgenootskap van Suid-Afrika
Bank: ABSA
Rekeningnommer: 550 220 288
Takkode: 632-005
Voltooi die meegaande vorm indien u wil hê dat ander ook moet baat vind by 'n Bybel in hulle eie taal.
Kies 'n bedrag en gee op 'n veilige manier 'n bydrae om die Bybelgenootskap te help om bekostigbare Bybels aan almal beskikbaar te stel.
(Hierdie metode maak van die Bybelgenootskap se 'Safeshop' gebruik. Dit beteken dat u bydrae as 'n verkoopstransaksie hanteer word, maar dit sal as 'n donasie verwerk en erken word.)
Ek wil graag 'n eenmalige bedrag aanlyn doen:
R100,00 as eenmalige direkte inbetaling.
R200,00 as eenmalige direkte inbetaling.
R500,00 as eenmalige direkte inbetaling.
R1 000,00 as eenmalige direkte inbetaling.







zulu bybelvertaling