Banier
Banier
Banier
Banier
Banier
Banier

zulu bybelvertaling

Die grootste taalgroep in Suid-Afrika is Zulu. Daar is 10 677 305 Zulusprekendes in die land waarvan ongeveer 80,9% in KwaZulu-Natal woon.

Sendelinge van die 'American Board of Commissioners for Foreign Missions' (ABCFM) het in 1835 in Port Natal aangekom. Een van hulle was Newton Adams, wat saam met van sy vriende die eerste persone was om te begin om die Bybel in Zulu te vertaal.

Belangrike datums in die geskiedenis van die Zulu Bybel:

1848 Eerste Bybelboek wat vertaal is – Die Evangelie volgens Matteus
Pietermaritzburg: ABCFM
Die 'Eerste Leesboek' wat in 1837 gepubliseer is, het die eerste voorbeelde van die Bybel in Zulu bevat (gedeeltes uit Genesis en twee Psalms) maar die Evangelie volgens Matteus was die eerste volledige Bybelboek wat vertaal is.
Dit is deur George Champion vertaal en toe deur Newton Adams hersien.
1865 Eerste Nuwe Testament
Natal: Amerikaanse Zulu Sending
Vertaal deur sendelinge van die ABCFM.
1883 Eerste Bybel
New York: Amerikaanse Bybelgenootskap
Oor 'n aantal jare deur sendelinge van die ABCFM, insluitende George Champion, JC Bryant, Lewis Grout en JL Döhne vertaal. Die teks is deur Andrew Abraham hersien en nagesien, en finaal deur SC Pixley vir publikasie geredigeer.
1959

Jongste vertaling van die Bybel
Londen: Britse en Buitelandse Bybelgenootskap
Vertaal deur Otto Sarndal en 'n komitee insluitende Johannes Astrup, Gustaf Krause, Heinrich Filter, S Dahle, MH Mpanze, W Weber, NC Haldersen en ander.

1986 Jongste vertaling van die Nuwe Testament en Psalms
Kaapstad: Bybelgenootskap van Suid-Afrika
Vertaal deur Nils Joëlson, projekkoördineerder, DT Maseko en K Magubane.

'n Vertalingspan bestaande uit me Queen Masondo, eerw Elliot Sitholi en prof Koos van Rooy is tans besig om hierdie vertaling te voltooi.


















 

bybelvertalings

Lees meer oor die geskiedenis van die verskillende Bybelvertalings in die tale van ons land: