Banier
Banier
Banier
Banier
Banier
Banier

engelse bybelvertaling

Engels is die huistaal van 3 673 203 Suid-Afrikaners wat hoofsaaklik in die Wes-Kaap, KwaZulu-Natal en Gauteng woonagtig is.

Die vertaling van die volledige Bybel in Engels word veral aan John Wycliffe toegeskryf. Wycliffe het 'n groep arm priesters aangemoedig om eenvoudig te leef en die evangelieboodskap so aan die mense te verkondig dat hulle dit kan verstaan. Hy het egter gou besef dat hulle die Bybel in Engels moet hê. Hoeveel van die Bybel hy self vertaal het, weet ons nie, maar met die hulp van Nicholas de Hereford en ander persone was die vertaling van die Engelse Bybel in 1383, 'n jaar voor John Wycliffe se dood, voltooi.

Belangrike datums in die geskiedenis van die Bybel in Engels:

1525 Eerste gedrukte Nuwe Testament
Keulen: Peter Quentell (drukker)
Vertaal deur William Tyndale.
1535 Eerste gedrukte Bybel
Keulen?/Marburg?: E Cervicornus & J Soter? (drukkers)
Vertaal deur Miles Coverdale. Hy het Tyndale se vertaling van die Nuwe Testament gebruik.
1611 Eerste uitgawe van die 'Authorised/King James Version'
Londen: Robert Barker (drukker)
Vertaal deur ses groepe vertalers elk bestaande uit 47 persone. Alhoewel daar tans baie moderne vertalings beskikbaar is, word die KJV steeds deur baie mense in die Engelssprekende wêreld gelees.
2004 'Contemporary English Version' (CEV)
New York: Amerikaanse Bybelgenootskap
Een van die mees onlangse Engelse vertalings wat deur die Bybelgenootskap gepubliseer word.



















 

bybelvertalings

Lees meer oor die geskiedenis van die verskillende Bybelvertalings in die tale van ons land: