Banier
Banier
Banier
Banier
Banier
Banier

noord-sotho bybelvertaling

Noord-Sotho is die huistaal van 4 208 980 Suid-Afrikaners en word meestal in Limpopo, Mpumalanga en Gauteng gepraat.

Die eerste poging om die Bybel in Noord-Sotho te vertaal is deur sendelinge van die Berlynse Sendinggenootskap gedoen. Die pioniervertaler was Pastor JFC Knothe.

Belangrike datums in die geskiedenis van die Noord-Sotho Bybel:

1890

Eerste Bybelgedeelte wat gepubliseer is – die Nuwe Testament
Londen: Britse en Buitelandse Bybelgenootskap
Vertaal deur JFC Knothe van die Berlynse Sendinggenootskap.

1904 Eerste Bybel
Berlyn: Berlynse Sendinggenootskap
Na die dood van Pastor Knothe in 1892, het G Trümpelmann en H Kuschke, bygestaan deur A Serote en G Eiselen met die vertaling voortgegaan.
1951 Hersiening van die Bybel
Londen: Britse en Buitelandse Bybelgenootskap
Dr PE Schwellnuss en 'n komitee het die Bybelvertaling hersien en ook in 'n nuwe ortografie oorgeplaas.
2000 Jongste vertaling van die Bybel
Kaapstad: Bybelgenootskap van Suid-Afrika
Vertaal deur ds JM Louw, die eksegeet en projekkoördineerder, vader M Teffo en ds JS Ramoba. Hulle is bygestaan deur verskeie vakkundiges en taalkundiges.

















 

bybelvertalings

Lees meer oor die geskiedenis van die verskillende Bybelvertalings in die tale van ons land: