Suid-Ndebele is die huistaal van 711 821 Suid-Afrikaners. Die grootste persentasie van Suid-Ndebelesprekendes is in Mpumalanga woonagtig.
Hierdie is die enigste amptelike Suid-Afrikaanse taal waarin die volledige Bybel nog nie beskikbaar is nie.
Belangrike datums in die geskiedenis van die Suid-Ndebele Bybel:
| 1977 | Eerste Bybelboek wat vertaal is – Die Evangelie volgens Markus Kaapstad: Bybelgenootskap van Suid-Afrika Vertaal deur EA Hermanson, JS Mabena en R Ntuli. |
| 1986 | Eerste Nuwe Testament en 'n keur uit die Psalms Kaapstad: Bybelgenootskap van Suid-Afrika Vertaal deur H Eschen, JS Mabena, EK Mtshweni en ander. 'n Vertalingspan bestaande uit mnr Peter Mabena, past David Mahlangu en prof Andries Breytenbach is tans besig om hierdie vertaling te voltooi.. |






