Banier
Banier
Banier
Banier
Banier
Banier

suid-sotho bybelvertaling

Ongeveer 3 555 186 Suid-Afrikaners se huistaal is Suid-Sotho waarvan die meerderheid in die Vrystaat woon. Die taal word ook in Lesotho gepraat.

Eugène Casalis en Samuel Rolland, twee sendelinge van die Paryse Evangeliese Sendinggenootskap het reeds in 1836 begin om die Bybel in Suid-Sotho te vertaal.

Belangrike datums in die geskiedenis van die Suid-Sotho Bybel:

1839 Eerste Bybelboeke wat gepubliseer is – Evangelies volgens Markus en Johannes
Kaapstad: Richert en Pike (vir die Paryse Evangeliese Sendinggenootskap)
Vertaal deur Eugène Casalis en Samuel Rolland.
1855 Eerste Nuwe Testament
Beerseba: Paryse Evangeliese Sendinggenootskap
Vertaal deur Eugène Casalis en Samuel Rolland.
1878 Eerste Bybel
Teen 1878 was die volledige Bybel deur verskeie sendelinge van die Paryse Evangeliese Sendinggenootskap vertaal, insluitende Emile Rolland, T Arbousset, DF Ellenberger, J Maitin, HM Dyke, A Mabile, L Cochet en L Duvoisin. Dit is in dele op die sendingperse te Morija en Masitisi gedruk.
1881 Eerste Bybel wat in een volume gepubliseer is
Londen: Britse en Buitelandse Bybelgenootskap
Weens die Basotho-oorloë kom die Bybels eers in 1883 in die destydse Basotholand aan.
1989 Jongste vertaling van die Bybel
Kaapstad: Bybelgenootskap van Suid-Afrika
Vertaal deur dr AA Odendaal, mnr EM Thakodi, ds M  Mopeli, mnr BM Khaketla en biskop IM Phakoe.




















 

bybelvertalings

Lees meer oor die geskiedenis van die verskillende Bybelvertalings in die tale van ons land: