Swati is die taal van Swaziland. Swati is die moedertaal van 1 194 430 Suid-Afrikaners. Meeste van hulle woon in Mpumalanga.
Belangrike datums in die geskiedenis van die Swati Bybel:
| 1976 | Eerste Bybelboek wat gepubliseer is – Die Evangelie volgens Markus Kaapstad: Bybelgenootskap van Suid-Afrika Vertaal deur mnr A Simelane en ander vrywillige vertalers. Die projek is deur mej H Eschen gekoördineer. |
| 1981 | Eerste Nuwe Testament Kaapstad: Bybelgenootskap van Suid-Afrika Vertaal deur mej H Eschen, mej T Maphalala en mnr A Simelane. |
| 1996 | Eerste Bybel Kaapstad: Bybelgenootskap van Suid-Afrika Vertaal deur mej H Eschen, mev T Zwane (née Maphalala) en mnr A Simelane. |






