Banier
Banier
Banier
Banier
Banier
Banier

tswana bybelvertaling

Tswana, wat in Botswana gepraat word, is ook die moedertaal van 3 677 016 Suid-Afrikaners. Die meeste van hulle woon in die Noordwes Provinsie.

Robert Moffat was die pioniervertaler van die Tswana Bybel. Hy het kort na sy aankoms in Kuruman in 1817 met die vertaling begin. Tswana was die eerste Suid-Afrikaanse taal waarin die volledige Bybel vertaal is.

Belangrike datums in die geskiedenis van die Tswana Bybel:

1830 Eerste Bybelboek wat vertaal is – Evangelie volgens Lukas
Kaapstad: Staatsdrukkery
Vertaal deur Robert Moffat.
1840 Eerste Nuwe Testament
Londen: Britse en Buitelandse Bybelgenootskap
Vertaal deur Robert Moffat, en gedruk onder sy toesig tydens 'n besoek aan Engeland.
1857 Eerste Bybel
Kuruman: Britse en Buitelandse Bybelgenootskap
Soos Robert Moffat 'n deel voltooi het, is dit op die sendingpers te Kuruman gedruk. Die volledige Bybel was teen 1857 beskikbaar.
1872 Die Bybel word vir die eerste keer in een band gepubliseer.
Londen: Britse en Buitelandse Bybelgenootskap.
1970 Jongste vertaling van die Bybel
Kaapstad: Bybelgenootskap van Suid-Afrika
Vertaal deur 'n komitee onder voorsitterskap van Otto Brümmerhoff.



















 

bybelvertalings

Lees meer oor die geskiedenis van die verskillende Bybelvertalings in die tale van ons land: