IsiXhosa is die huistaal van 8 154 258 Suid-Afrikaners. Die meeste van hulle woon in die Oos-Kaap.
Die vroegste Bybelvertaling in isiXhosa was hoofsaaklik die werk van 'n aantal sendelinge van die Wesleyaanse Sendinggenootskap, onder andere William Shaw, William Boyce en ander.
Belangrike datums in die geskiedenis van die isiXhosa Bybel:
| 1833 | Eerste Bybelboek wat vertaal is – Evangelie volgens Lukas Grahamstad: Wesleyaanse Sendinggenootskap Hoofsaaklik vertaal deur William B Boyce, William Shaw en WJ Shrewsbury. |
| 1846 | Eerste Nuwe Testament Newton Dale: Wesleyaanse Sendinggenootskap Vertaal en hersien deur Henry H Dugmore, William J Davis, John Ayliff, Joseph C Warner van die Wesleyaanse Sendinggenootskap, James Laing, Bryce Ross van die Glasgow Sendinggenootskap en CW Posselt en Jakob L Döhne van die Berlynse Sendinggenootskap. |
| 1859 | Eerste Bybel Mount Coke: Wesleyaanse Sendinggenootskap Die Ou Testament is hoofsaaklik deur John W Appleyard van die Wesleyaanse Sendinggenootskap en Albert Kropf van die Berlynse Sendinggenootskap vertaal. Dit is tussen 1857 en 1859 in dele op die sendingpers op Mount Coke gedruk. Die volledige Xhosa Bybel was nou vertaal. |
| 1864 | Die Bybel word vir die eerste keer in een band gepubliseer. Londen: Britse en Buitelandse Bybelgenootskap Die teks vir hierdie Bybel is deur John W Appleyard hersien. |
| 1996 | Jongste vertaling van die Bybel Kaapstad: Bybelgenootskap van Suid-Afrika Vertaal deur ds JC Oosthuysen, projekkoördineerder, eerw ZW Nkuhlu en eerw EH Dike. Hulle is deur mnr H Nabe, ds BF Mbenenge en prof DH Odendaal bygestaan. |






