Banier
Banier
Banier
Banier
Banier
Banier
Tuiste bybels vir china se miljoene

bybels vir china se miljoene

Die doel van die projek is om miljoene Christene in China, veral diegene op die platteland, te help om 'n bekostigbare Bybels vir China se miljoeneBybel te kan koop.

Agtergrond

Die Wêreldbond van Bybelgenootskappe, waarvan die Bybelgenootskap van Suid-Afrika 'n volle lid is, help in vennootskap met die Chinese Christenraad en die Amity Drukkery om Bybels vir die mijoene Christene in China beskikbaar te stel.

Bybelgenootskappe wêreldwyd, asook die Bybelgenootskap van Suid-Afrika, help met fondse om die nodige Bybelpapier beskikbaar te kan stel. Sedert die Amity Drukkery in Nanjing, China in 1987 begin het om Bybels in China te druk, is daar reeds meer as 54 miljoen Bybels gedruk vir verspreiding in China.  Daar word beplan om vanjaar 3 205 000 Bybels vir Christene in China te druk. Bykans R22 miljoen wat Bybelpapier insluit, word benodig om hierdie Bybels beskikbaar te stel.

Die Christenbevolking word amptelik op 30 miljoen gereken, maar daar is na raming 100 miljoen Christene in dié land. Die meeste woon op die platteland en is uiters arm. Meer as 90 miljoen Chinese moet op ongeveer een Amerikaanse dollar per dag oorleef.

Die Kerk in China groei en daar is 'n groot vraag na Bybels. Chinese Christene ag die Bybel baie belangrik. Die Bybel is vir hulle van allergrootste belang vir hulle daaglikse lewe en om in die geloof te kan groei.

Verwagte impak

  • Meer as 3 miljoen Chinese sal 'n eie eksemplaar van die Bybel ontvang.
  • Diegene wat 'n Bybel ontvang, sal deur die bybelse boodskap die Here beter leer ken en so in hulle geloof versterk word.

Begroting

Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika help ook met bydraes vir Bybels vir China en daarvoor word vanjaar R380 000 benodig.

Help die Bybelgenootskap om die Bybel met sy boodskap van hoop beskikbaar te stel.

Direkte inbetaling
Aanlyn kredietkaartinbetaling

 

DIREKTE INBETALING

Al doen jy 'n direkte inbetaling in ons bankrekening, sal ons dit waardeer as jy nog steeds onderstaande vorm invul. Op die depositostrokie, in die ruimte vir die deposito-verwysing, vul asseblief jou naam plus 1511 in.

Bankbesonderhede
Bybelgenootskap van Suid-Afrika
Bank:  ABSA
Rekeningnommer:  550 220 288
Takkode:  632-005

Voltooi die meegaande vorm indien u wil hê dat ander ook moet baat vind by 'n Bybel in hulle eie taal.

Ondersteun die Bybelgenootskap - Internasionale projekte
  1. Projek
    Invalid Input
  2. Naam & Van(*)
    Verstrek asb volledige naam en van
  3. E-posadres(*)
    Verstrek asb volledige e-posadres
  4. Kontaknommer
    Invalid Input
  5. Adres
    Invalid Input
  6. Kerkverband
    Invalid Input
  7. Gemeente
    Invalid Input
  8. Wyse van ondersteuning(*)
    Kies asb wyse van betaling
  9. Bedrag(*)
    Verstrek asb die bedrag
  10. Tik sekuriteitskode hier
    Tik sekuriteitskode hier
    Invalid Input
  11.   

AANLYN KREDIETKAARTBETALINGS

Kies 'n bedrag en gee op 'n veilige manier 'n bydrae om die Bybelgenootskap te help om bekostigbare Bybels aan almal beskikbaar te stel.

(Hierdie metode maak van die Bybelgenootskap se 'Safeshop' gebruik. Dit beteken dat u bydrae as 'n verkoopstransaksie hanteer word, maar dit sal as 'n donasie verwerk en erken word.)

Ek wil graag 'n eenmalige bedrag aanlyn doen:

R100,00 as eenmalige direkte inbetaling.
R200,00 as eenmalige direkte inbetaling.
R500,00 as eenmalige direkte inbetaling.
R1 000,00 as eenmalige direkte inbetaling.