Die doel van die projek is om die Bybelgenootskappe in ons buurlande, Botswana, Lesotho, Namibië en Swaziland, te help met hulle
taak om Bybels te voorsien.
Agtergrond
Georganiseerde Bybelwerk in Botswana, Lesotho, Namibië en Swaziland is deur die Bybelgenootskap van Suid-Afrika (BSA) geïnisieer. Die Bybelgenootskappe het lank as deel van die BSA gefunksioneer. Sedert 1987 funksioneer hulle egter as volwaardige Bybelgenootskappe binne die Wêreldbond van Bybelgenootskappe se struktuur.
Die Bybelgenootskappe in ons buurlande kry tans baie swaar. Plaaslike fondsinsameling in die meeste van hierdie lande is nog in sy kinderskoene. Hulle ontvang wel hulp deur die strukture van die Wêreldbond van Bybelgenootskappe, maar dit is by verre nie voldoende nie. Bybelverkope help hulle in 'n mate om te oorleef.
Die band met die BSA word verder versterk deur die feit dat van ons tale ook in hierdie lande gepraat word, byvoorbeeld Afrikaans in Namibië, Suid-Sotho in Lesotho, Tswana in Botswana en Swati in Swaziland. Bybels in hierdie oorgrenstale word, waar moontlik, teen baie spesiale pryse aan die Bybelgenootskappe in ons buurlande voorsien.
Deur hierdie Bybels so goedkoop as moontlik aan die Bybelgenootskappe in ons buurlande te voorsien help ons hulle in die uitvoer van hulle taak.
Danksy hierdie projek was dit in 2011 vir die Bybelgenootskap van Suid-Afrika moontlik om 11 518 Bybels teen 'n spesiale afslagtarief aan ons buurlande beskikbaar te stel.
Verwagte impak
- Bybelgenootskappe in ons buurlande kan Bybels teen bekostigbare pryse beskikbaar stel.
- Meer Bybels sal beskikbaar wees vir die inwoners van hierdie lande.
Begroting
R500 000 word benodig om te help met Bybelverspreiding in ons buurlande.
Help die Bybelgenootskap om die Bybel met sy boodskap van hoop beskikbaar te stel.
Direkte inbetaling
Aanlyn kredietkaartinbetaling
Al doen jy 'n direkte inbetaling in ons bankrekening, sal ons dit waardeer as jy nog steeds onderstaande vorm invul. Op die depositostrokie, in die ruimte vir die deposito-verwysing, vul asseblief jou naam plus 1517 in.
Bankbesonderhede
Bybelgenootskap van Suid-Afrika
Bank: ABSA
Rekeningnommer: 550 220 288
Takkode: 632-005
Voltooi die meegaande vorm indien u wil hê dat ander ook moet baat vind by 'n Bybel in hulle eie taal.
Kies 'n bedrag en gee op 'n veilige manier 'n bydrae om die Bybelgenootskap te help om bekostigbare Bybels aan almal beskikbaar te stel.
(Hierdie metode maak van die Bybelgenootskap se 'Safeshop' gebruik. Dit beteken dat u bydrae as 'n verkoopstransaksie hanteer word, maar dit sal as 'n donasie verwerk en erken word.)
Ek wil graag 'n eenmalige bedrag aanlyn doen:
R100,00 as eenmalige direkte inbetaling.
R200,00 as eenmalige direkte inbetaling.
R500,00 as eenmalige direkte inbetaling.
R1 000,00 as eenmalige direkte inbetaling.







bybels vir ons buurlande