TRAP VIR BYBELS

 KAAPSTAD-FIETSTOER

cycle ctct

Wie is ons?

Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika voorsien al sedert 1820 bekostigbare Bybels aan alle Suid-Afrikaners in hul eie taal en in geskikte formate sodat almal die lewegewende boodskap van die Woord mag ervaar.

Ons visie is 'n Bybel vir elkeen – nie net vir diegene wat kan lees of wat 'n Bybel kan bekostig nie. Ons doen dit deur die vertaling, produksie en verspreiding van God se Woord in al 11 amptelike tale.


Hoekom Aktief wees vir Bybels?

Die Bybelgenootskap is 'n maatskappy sonder winsoogmerk en maak staat op donateurs om sy missie te vervul. Een manier hoe individue ons kan help, is om geld in te samel deur vir Bybels te Trap wat een komponent van ons Aktief vir Bybels program is. Tydens enige van die groot, plaaslike fietswedrenne is daar omtrent altyd fietsryers wat vir Bybels trap.


Hoe skryf ek in?

Ons het dit vir jou maklik gemaak om tydens die 2019 Kaapstad-fietstoer vir Bybels te trap. Klik hier, verskaf jou persoonlike besonderhede en word deel van die span. Sodra jy geregistreer het, stuur ons vir jou 'n faktuur vir die betaling van jou inskrwyingsgeld. Die ontvangs van 'n kwitansie bevestig jou inskrywing.

Daar is vanjaar vier pakkette om van te kies:
Opsie 1: Gewaarborgde inskrywing + Donasie: Bybels vir armes = R1 300
Opsie 2: Gewaarborgde inskrywing + Donasie: Bybels vir armes + bederfpakkie = R1 650
Opsie 3: Gewaarborgde inskrywing + Donasie: Bybels vir armes + fietsryhemp = R1 900
Opsie 4: Gewaarborgde inskrywing + Donasie: Bybels vir armes + bederfpakkie + fietsryhemp = R2 300

Besoek ons stalletjie by die
Kaapstad-fietstoer Ekspo om
meer oor ons uit te vind.

Kontak: Corné Basson
021 910 8788
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

stall ctct

HELP ONS OM 'N BYBEL IN DIE HANDE TE PLAAS VAN IEMAND
WAT NOG NOOIT EEN BESIT HET NIE. MAAK 'N VERSKIL!