• Ons Missie

    Dit is die taak van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika om bekostigbare Bybels te voorsien vir elkeen in hul eie taal en in geskikte formate sodat almal die lewegewende boodskap van die Woord mag ervaar.
  • 1

Ons Storie

SINCE 1820

 

"Your Committee have now the satisfaction to state that on the 23rd of August in the last year (1820) a Society was formed at the Cape of Good Hope under the designation of the South African Bible Society."

Hierdie paragraaf uit die 1821-Jaarverslag van die Britse en Buitelandse Bybelgenootskap is die bewys van die amptelike begin van Bybelwerk in Suid-Afrika.

Vandag is die Bybelgenootskap van Suid-Afrika 'n nie-winsgewende maatskappy wat uit vyf streke bestaan, met sy hoofkantoor in Bellville, Kaapstad. Verskillende kerkgenootskappe is lede van die Bybelgenootskap. Die belangrikste beheerliggaam is die Raad van Direkteure.

Die Bybelgenootskap handhaaf gesonde sakebeginsels gerig deur Christelike waardes ten einde die mees effektiewe en doeltreffende diens te lewer.

Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika bestaan om aan die kerk en al die inwoners van Suid-Afrika bekostigbare Bybels te voorsien, vir elkeen in hul eie taal en in geskikte formate sodat almal die lewegewende boodskap van die Woord mag ervaar.

'n Bybel vir
elkeen

Gee nou