DIE BYBEL

 

 

Xitsonga

Xitsonga is die huistaal van meer as 2,2 miljoen Suid-Afrikaners wat hoofsaaklik in Limpopo en Gauteng woon.

Die pioniervertalers van die Bybel in Xitsonga is Paul Berthoud, sy broer Henri en Ernest Creux, sendelinge van die Frans-Switserse Sending wat in 1875 na Suid-Afrika toegekom het.

In 1892 is die eerste twee boeke van die Bybel – Evangelie volgens Lukas en Handelinge – vertaal in Xitsonga en gepubliseer deur die Britse en Buitelandse Bybelgenootskap. Die eerste Nuwe Testament het in 1894 verskyn terwyl die eerste volledige Bybel – in twee volumes gedruk  in 1907 verskyn het. Hierdie vertaling is in 1929 hersien en in 2012 word dit gepubliseer in 'n nuwe ortografie. 'n Nuwe vertaling in Xitsonga is in 1989 deur die Bybelgenootskap van Suid-Afrika gepubliseer.